Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 15.

“Goeienaand my liefling, kom ons geniet so ʼn glasie wyn.”
“Goeienaand my hartedief, en hoe het dit gegaan by die Hof?” sy het nog nooit met sulke dinge in aanraking gekom in die lewe nie.
“My saak kom volgende week voor, en intussen gaan ons die lewe geniet. Ek het niks om te vrees óf weg te steek nie.”

“Ek dink jy is die held.”
“Ek hoop so. Die Hof kan my van ander dinge aankla.”
“Soos wat my hartedief,” skrik sy vir daardie woorde, wat gaan dan met my gebeur as dit die geval is, dink sy terwyl sy haar wyn bietjies vir bietjies weg proe.

“Hulle soek mos altyd iets om jou mee te slaan.”
“Kom hou my so ʼn bietjie vas my hartedief,” wurm sy haarself langs hom in, voel sy ʼn tevredenheid oor haar spoel.
“Met graagte my Laura. Ek wou nog voor Merie en Dirk as getuie vra, of jy my verloofde sal word.”
“Maar hoekom het jy nie?” sy gee hom ʼn pik soentjie op sy neus en dan die onweerstane versoekingssoen.

“Ja, daar is nie ʼn verskoning hoekom ek dit nie gedoen het nie. Nou as jy dit toelaat, dan vra ek jou nou sommer hier waar die koppies in die kombuis as getuies sal wees.” Ou Agie is ook heel nuuskierig om te sien wat sy baas nou besig is om te doen, dan daardie papegaai fluit om te sê: ek het julle twee gesien.

“Mmmmm ou hartedief ek is darem lief vir jou, Agie daar is niks vir jou meer oor.” Kwek kwek die papegaai uit frustrasie.
“Ek ook my liefling, en hier kom die versoek.”

“My hart is ʼn leë papier
nou kan jy daarop skryf
met daardie liefdespen.

My sonskyn Laura
ek ontvang die liefdeslouere
wat sal duur al ons jare — “

“Nou het jy self die vonnis uitgespreek,” kyk sy in Albertus se ondeunde oë vas.
“Het ek iets verkeerd gesê?” met ʼn ondeunde uitdaging.
“Wat is dan die fout, my liefling?”

“Niks my hartedief. My antwoord aan jou is my liefdesoen aan iemand spesiaal wat my iets van liefde geleer het, my Stoftrappertjie met ʼn hart van goud, om dit te bevestig. Ook nie die kleinste moontlike eenheid van energie van die liefde nie, maar hoeveel ek daarin gaan belê.”

Laura omhels Albertus met daardie liefdesoen. Druk hom vas teen haar bors. Kom sit hier op my skoot, dan vertroetel ek jou, my hartedief.

“Is dit nou die ja antwoord my liefling?”
“Shhhhh, ek wil hê dat ons vir my ouers gaan kuier en dan vra jy my daar,” gee sy ʼn vinger drukkie op sy neus.
“Ek dink ek sal dit kan oorleef, en dit is nie te veel gevra nie my liefling,” tuur hy haar aan vir nog ʼn soentjie.

Die volgende môre is dit drukkend buite en die son is ook nie veel genadiger nie.
“Sterkte met die Hofsitting, ek glo dat alles in jou voordeel sal wees.”
“Dankie Laura ek het dit nodig, sien jou later vandag,” stap hy heel geduldig na die hofsaal.

Konstabel Van der Plooi se tyd het aangebreek om voor die hof te verskyn. Hier en daar is nuuskierige omstanders. Die hofsaal begin gevul raak met diegene wat betrokke is in die verhoor, asook met die weetgierige besoekers.

Die Hofsitting begin. Daar is nie veel van die dorpsinwoners wat die Hofsitting bywoon nie.

“Almal staan.” het die bevel van die klerk gekom soos deur die regter aangestel. Almal in die hofsaal het opgestaan, en wag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

Die klerk betrag die woorde wat gedruk is in goue letters op die regter se bank: In God Vertrou Ons. Hy staar na die eikehout-paneel mure, by die hof seëlsteen vertoon dit prominent uitgesny, en uiteindelik staar hy na sy teëparty, die assistent prokureur, wat waarskynlik gevul is met sy eie self-twyfel, versigtig ondersoek hy sy bolpuntpen waarop hy wil probeer steun.

Die hof amptenaar lees die verklaring voor en slaak ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Konstabel Van der Plooi sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God.”

Die assistent prokureur glimlag vir sy kliënt.

“Konstabel hoe sal jy jou kollega opsom?” die vraag word nie juis baie taktvol gevra nie.
“Ek het hom gerespekteer as my mede kollega, so ʼn soort van, ek bedoel die soort wat nie graag die skouer aan die wiel wil sit nie.”

“Is dit nie so,— jou getuienis is so ʼn bietjie dislojaal teenoor jou kollega?”

“Ek is gevra om net die waarheid as waarheid te getuig,” wil hy sy nek half skeef hou, voel dit of die kraag hom wil versmoor.
“Inderdaad Konstabel.”

“Is dit so dat jy jou tot die outoriteit gewend het?”
“Ek sal sê; ja, en nee, Edelagbare,” aarsel hy so ʼn bietjie voordat hy antwoord.
“Wees meer spesifiek Konstabel!”

“ — Ek het die hele aangeleentheid met my kollegas in vertroue bespreek. Ja, en ek het toe my eie outoriteit misbruik.”

“Konstabel Van der Plooi, is dit so dat Mejuffrou Laura Hoffmann saam met jou onder een dak woon?” Hierdie vraag vang hom so effens onverwags en hy word so effe rooi om die boordjie.
“Ek veronderstel ja,” raak die situasie net so ongemaklik as die stoel waarop hy sit.

“Dit is ʼn kriminele aanklag, Konstabel. Wat is jou verweer hierop?”
“Ek het nog ʼn hart van goud Edelagbare,” hy sê dit met trots sonder om daaroor skaam te voel.

“Wat bedoel jy daarmee, Konstabel?”
“Ek het geen fondse aangevra vir die versorging van hierdie dametjie nie. Ek dink nie dat sy ʼn krimineel is nie,” dan kyk hy die Regter ferm in die oë, sonder om oor sy eie woorde te twyfel.

“Geen verdere vrae nie.”

Die hof amptenaar lees die verklaring voor en slaak ʼn sug van verligting dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

Die assistent prokureur tuur na Konstabel Van der Linde wat aangekla word. Sy glimlaggie is so effe wrang om sy benoudheid weg te steek. Van die tydstip waarop die juries met hulle beraadslagings begin, het die vrees by hom begin spook. Hy is bang wat die skuldigbevinding vir hom en sy vrou sou beteken. Peet het geweet, by al die verweer en verdediging sake in honderd of van ʼn duisend gevalle wat hy al bygewoon het, hierdie een sal hy nie kan ontwyk nie. Hierdie oomblik van waarheid sal altyd die slegte tyd wees, die tyd wanneer hy tot vertwyfeling oorgaan.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Konstabel Van der Linde, is dit so dat jy jou magsposisie misbruik het?” sê-vra hy dit met smaad in sy stem.

“Ek sal dit nie in soveel woorde sê nie, u Edele,” te skaam om die prokureur in die oë te kyk.

“Verklaar vir my; hoe is dit moontlik dat jy in hegtenis geneem is, en dit saam met Mejuffrou Anna Brouer?” draai hy sy pen in die rondte so al tussen sy wysvinger en middelvinger.

“ — Ons was saam as ʼn span om ʼn moord op te los. Eers was dit ʼn Mejuffrou Laura wat sogenaamd vermoor is en nooit gevind is nie. Ek’s daardie aand oor die kop geslaan en het die volgende môre wakker geword in die Polisie selle, ”kom dit oor sy lippe waarin hy nie veel vertroue in het nie, dan kyk hy na die pêrels sweet op sy hande en hoe dit begin bewe.

“Mmmmm. Wat jy vir my sê; is dat jy ken dan glad nie vir Anna Brouer nie?”

“Ja,” hy sê dit met geen oortuiging nie.
“Ek sien hier, dat jy jou laaste vakansie by die Kanarie eilande was. Is dit nie so ʼn bietjie ....., jy weet waarvan ek praat, vir ʼn Konstabel met ʼn karige soldy nie? Hoe sou jy sê; is dit moontlik?”

“Ek maak beswaar, dit het niks te doen met die saak nie!” kom dit van Konstabel Van der Linde se prokureur.

“Kom ek vra jou so; ken jy hierdie dametjie?”
“Nee, Edelagbare,” hy kyk nie eintlik met enige belangstelling na die foto nie.

Peet se siddering is onsigbaar, hy probeer om homself te kalmeer deur die hou van ʼn onwrikbare blik op sy gesig.

“Maar iets is nie pluis nie. Wat sal jy sê; is dit dan jou vroutjie?” kyk die prokureur na die beskuldige en weet dat hy nie die waarheid praat nie.

“Nee Edelagbare, dis net ʼn kennis,” hy weet dat hy nou besig is om klei te trap oor sy antwoorde, maar hou die skyn voor om die juries om die bos te probeer lei.

“Konstabel Van der Linde, wees meer spesifiek,” en stap tot reg voor hom om hom vierkantig in die oë te kyk, om hom te probeer ontsenu.

“Ek dink daar is heelparty mense wat die kat, die een of ander tyd in die donker knyp.” Peet proe daai wrang smaak in sy mond, hy probeer spoeg in sy mond soek maar dit is so droog soos die Atacama woestyn.

“Mmmmm, Wie is hierdie Katjie dan Konstabel Van der Linde?” stap hy weg van hom af en dan draai hy weer skielik om, om hom weer vierkantig in die oë te kyk.

“Ek kan nie meer so mooi onthou nie, u Edele!” lê die geknakte senuwees en woorde half in sy mond.

“Geen verdere vrae nie,” trek die klerk sy pak weer reg in posisie, stap hy stadig terug na die plek. Die aangeklaagde verlaat die getuiebank en verdwyn saam met die hofpolisie na die selle, waar hy aangehou word totdat die vonnis uitgespreek word.

“Kaptein, ek het nooit geweet dat Peet so kan lieg. Hy is omtrent glad met sy mond. Ek het lus gevoel om hom met ʼn klip te gooi.”

Die hof amptenaar lees die verklaring voor en slaak ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Kaptein Van der Boud sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God.”

“Kaptein is dit waar, dat jy sou sê; dat jou kollegas nie by die prosedure gebly het nie, en waardevolle inligting nie konfidensieel gehou het nie?”

“Ek veronderstel so, u Edele.”
“Wie sal jy sê het nie by die prosedure gehou nie?”
“Ek veronderstel, myself en die twee Konstabels Van der Plooi en Van der Linde.
“Hoekom sal jy so sê, Kaptein Van der Boud?”

“Dit maak al drie van ons die verdagte een óf — maar ek veronderstel in hierdie geval, dui dit op Konstabel Van der Linde, u Edele,” sê hy dit met oortuiging om die regter te beïndruk.

Die aanklaer se oë gluur ysig na Kaptein Van der Boud se gelaat. Die Kaptein staar reguit in die aanklaer se blik, soos die saak vorder.

“Jy weet wat bekommer my, Kaptein? Die feit dat jy nie jou personeel onder beheer het nie.” dis so effens ʼn lae hou onder beld.
“Ek en my personeel werk nou al vir meer as 6 jaar saam. Ek het hulle al verkeerd bewys oor verslae en verkeerd bewys oor kwessies. Maar Konstabel Van der Plooi was nog nooit verkeerd gewees oor mense nie. As jy enige bedenkinge oor hierdie man het, dan het ek rede om bekommer te wees,” kom lê die woorde in die Regter se oor en hy tuur die Kaptein aan oor hierdie selfversekerde woorde.

Die assistent prokureur het nie ʼn antwoord nie. Elk bewaar sy eie gedagtes soos die saak verloop.

“Dankie geen verdere vrae nie.”
“Die Hof verdaag tot volgende week.”

Buite die Hofgebou is alles dood normaal, hang wolk massas in die lug vir ʼn moontlike lafenis oor die laeveld se bosryke erfenis.

“Ja, Konstabel en so lieg hy in sy kwetsuur om sy vonnis uit te stel.”
“Kaptein, ek is jammer oor my optrede dat ek jou nie in my vertroue geneem het nie.”
“Niks gaan maklik wees nie, en weer wees soos dit in die verlede was nie. Is dit nie ʼn bietjie laat om verskoning te vra nie?”

“Nee Kaptein, daar is altyd weer tyd om voor te begin.”
“Ag Konstabel, miskien sou ek dieselfde gedoen het. Dit is nou iets van die verlede. Ek is bly jy het jou eie diskressie gebruik, anders het ons nooit die saak opgelos nie.”
“Dankie Kaptein vir die vertroue in my, ek waardeer dit.”

Uitgeput voel Albertus na die dag se Hofsitting. Hy wil net wegkom van al die Hof verrigtinge. Daardie naweek ontspan Laura en Albertus by sy huis. Hy is nie lus om na enige plek toe te gaan nie.

“Naand my sonskyn, hoe gaan dit vandag met jou?”
“Naand my hartedief, goed dankie en hoe het dit in die hof gegaan?”

“Jy sal nooit kan raai dat hulle so blatant kan staan en lieg nie. As ek die Regter is, sluit ek hulle net daar en dan toe, en sorg dat hulle eers hul ontbyt vir aandete kry.”
“Dan moet hulle seker lekker gelieg het, as jy so daaroor voel.”

“Hoe sê hulle; gee hom net genoeg tou en hy hang homself daaraan op. Ek dink dit is net ʼn kwessie van tyd.”

“Wow, jy is darem ʼn goeie kok, en ruik net die aroma wat hang in die lug. Jy sal seker maak dat ek iets gaan gaps voor ete,” hy gaps daar iets uit die opskepbak.
“Ag, nie so goed soos jy nie, my lief. Wil jy solank proe.”

“Wow, ek het klaar want ek kon nie die versoeking weerstaan nie. Vir my is dit soos nagereg, so lekker smaak jou bredie en die 10 jaar oue KWV wyn hierby.”

“Sjoe, wat vang my nou, is dit jou wyn of verbeel ek my net?” soek hy so ʼn bietjie liefde.
“Nee, jy verbeel jou sommer net. Kom sit hier langs my op die rusbank, dan masseer ek so ʼn bietjie jou spiere.”

“Aaaaa wat ʼn sensasie vloei so deur my lyf.”
“Ag geniet dit, en so kan jy ontspan vir volgende week se Hofsitting.”

“Laura kom ons gaan ontspan net iewers. Daar is ʼn paar pragtige staproetes, sommiges sluit piekniek areas in. Barberton is ook 'n baie opwindende gebied vir avontuur sport, veral delta mikroligte vliegtuie. O ja, ek sal dit nooit vergeet nie, die flitsende loslaat donderbuie en die geniet van die onstuimige gemengde wind stiltes in die hoogtes en dalk die “onbestendige” oplossing van die ondergrondse grot tonele.”

“Mmmmm, ek sit uit op hierdie een. My senuwees is nog nie sterk genoeg vir daardie opwinding nie.”
“Goed, wat daarvan om saam met die jeugaksie groep na Badplaas te gaan?”
“Ja-a-a-a-aa, dit sal nou lekker wees.”

“Volgende week wil ek saam met jou die besienswaardighede in die dorp verken.”
“Soos watter plekke, Albertus?”

“Een van Barberton se mees elegante ou geboue, Belhaven is nou ʼn museum. Twee ander museums se uitbeeldings van die vroeë dae, is Fernlea Huis en Stopforth House. Die enigste bekende verdiet neerslae in die wêreld word gevind in die rotsformasies in die Barberton distrik. Vir honderde jare het verdiet in verpoeierde vorm gekom, wat gebruik word deur sangomas (tradisionele genesers) vir die bevordering van vrugbaarheid. Die Fortuna Myne voetslaanpad in die bogenoemde Barberton heuwels herroep beelde van die swaarkry, en die ontberings van ander prospekteerders in hul soeke na goud.”

“Dit klink lekker om op so ʼn voetslaanpad te wil wandel.”

“Ja, dit is bekend dat sommige van die oudste sedimentêre gesteentes, hier in die bergvallei gevind word, die heuwels wat eeue lank vry van skattejagters was, laat nou sy merk van amper kaal gepluk, wat ʼn goudstormloop nie kon oorleef, maar selfs vandag se wildheid van die gebied, is deurdring met ʼn ongelooflike skoonheid en verrassings vir ieder en elk met sy ongerepte onstuimige inheemse bergstroompies in kristal helder strome.”

“Nou maak jy my baie nuuskierig oor al hierdie geheimsinnigheid van die Skattejagters.”

“Graham Barber en sy neefs, saam met duisende ander prospekteerders, noem hierdie nuut gevonde vonds, die Barber se Reef, vermoedelik so ryk in neerslae dat dit letterlik geskitter het van goud. Baie van die ou geboue bestaan nog, tóg het die tyd sy merk gelaat op ander. Hier is goud ontgin uit die oudste en rykste goud- en silwerneerslae in die wêreld.”

Die naweek is iets van die verlede, waar Mejuffrou Brouer se tyd aangebreek het om voor die hof te verskyn. Dit is ʼn regte Laeveldse bedompige en vogtige sonskyn dag. Hier en daar nuuskierige omstanders wat aangroei om te sien wat die dag se Hofverrigtinge gaan oplewer. Die hofsaal begin gevul te raak met diegene wat betrokke is in die verhoor, asook saam met die weetgierige besoekers.

“Almal staan.” het die bevel van die klerk gekom. Almal in die hofsaal het opgestaan, en gewag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Mejuffrou Anna Brouer, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” sit sy daar sonder grimering om haar mooi te laat lyk.

“Die verdwyning van Mejuffrou Laura, was jy deel van die moordfees?” vra hy reg op die man af.
“Appèl, ek weet nie wat het dit met die saak te doen nie.”

Sy glimlag emosieloos na die assistent prokureur wat gedink het hy gaan haar verbind met Laura se verdwyning.

“Ek sal dit nie in soveel woorde sê nie,” half onhoorbaar sweef haar woorde weg tussen die gehoor om ook te probeer hoor wat sy te sê het.

“Is hierdie deel van jou klere uitrusting?”

“ — Dit kan dalk enige vrou se onderklere wees, Edelagbare,” met ʼn spottende terug antwoord op die prokureur se vraag.
“Is dit nie so ʼn ietwat duur uitrusting vir hierdie gemeenskap nie?” kap hy haar terug om haar reaksie te ontlok.

“Ek sal nie kan sê, omrede ek stel nie belang daarin wat ander vrouens onder aantrek nie!” is sy ook nie op haar mond geval nie.
“ — ʼn Goeie argument Mejuffrou Brouer. Wat weet jy van Tom, het jy enige verhouding met die man gehad?”

“Ek ken meer as een Tom,” probeer sy met woorde te speel.

“Mmmm, jy is reg. Ek praat van hierdie man op die foto, en sy naam is ook Tom Brend,” stap die prokureur komkommerkoel na haar kant toe en kyk haar direk in die oë.
“Dit kan dalk so wees, hy lyk soos een wat ek dalk ken, Edelagbare,” kom die emosielose woorde uit haar mond.

“Waar was jy die aand, met maansverduistering?”
“Waar anders as daardie tyd van die aand, ek sou sê: geslaap,” kyk sy die prokureur in die oë en dan rol sy haar oë na bo met ʼn gesug.

“Het jy enige alibie, Mejuffrou Brouer?” vra hy haar met ʼn fluister stem dat sy dit amper nie kon hoor nie.
“Nee sou ek sê, want ek deel nie my woonstel met iemand anders nie.”

“Wat se verhouding het jy met Konstabel Van der Linde, Mejuffrou Brouer?” rol hy sy pen tussen sy vingers.

“ — Is dit sy naam, Edelagbare?” kom dit so half om haarself te verontskuldig.
“Ja, dit is sy naam. Geen verdere vrae nie,” dink hy so by homself dat hierdie ʼn anderste katjie is, naels wat sal krap om haarself te beskerm. Dis net ʼn kwessie van tyd dan praat ons weer.

”Die verdagte word verskoon.”

Die Hof verdaag tot volgende week.

“Ek dink tog daaraan om Barberton se heuwels eendag saam met jou te gaan verken, maar nou is dit eers Badplaas se avonture saam met jou.”

So is hulle twee saam met die jeugaksie groep, om te ontspan by die braaivleis vure. ʼn Onverwagse koue front, red Laura se geheim. Maar ten spyte van die koue front, is daar heelwat om te ontdek, verskillende plant en voël spesies word vasgevang met die kamera se lens. So het alle goeie dinge ook ʼn verval datum.

Na die lekker naweek se rus en vrede by Badplaas, begin ʼn dramatiese week waar Laura voor die Hof moet verskyn. Groot nuusberigte was in die naweekkoerant dat die slagoffer waarna die polisie maande lank gesoek het, nog lewe. Die groot vraag bly nog altyd; is sy nie die skuldige een aan Tom Brend se moord nie?


Woorde. 28047 is 31484.

DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.

Vervolg op; Jou vroulikheid so sag soos satyn.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefdespen
Weereens 'n prag stukkie werk uit jou pen uit. Pragtig.
4 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


liefdespen
baie lekker gelees Arnold
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


Liefdespen
Jy weet net hoe om jou lesers se aandag te boei.
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


laura
arnold jou storie is besig om n goeie einde te nader. die verhaal het my vasgevang van die begin af
4 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar