Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 12.

“Dirk, die vermoede is nou bevestig dat Laura daar aangehou word. Dit wil voorkom of daar, laat ek so sê; verseker kan daar dalk een óf twee wagte wees. Die probleem is dat hy ʼn gesigsmasker dra. Een vir dagdiens en dalk nog een vir die nagskof. Dan is daar ook nog twee binne wat ook maskers dra. Dit wil vir my voorkom dat die een ʼn vrou moet wees.”

“Albertus, wat is die volgende stap?”
“Dit is ʼn een miljoen lotery vraag hierdie, Dirk!”
“Wat van jou kollega en die Kaptein?”

“Wel Dirk, ek moet sê; ek vertrou nie een van die twee nie. Buitendien het ek en die Kaptein so ʼn effense woordewisseling gehad.”
“En nou, Albertus?”

“Ja, wat nou, jy kan weer ʼn keer vra!”
“Maar daar moet tog seker ʼn oplossing wees?”
“Kan jy aan een dink, Dirk?”

“We-e-e-el kan ek so vra; drie van my vriende is Kommando lede, en een van hulle is weer ʼn vriend van die Kommando Kaptein. Dit is net ʼn voorstel.”
“Dirk, ek glo nie ons kan van die Kommando gebruik maak nie. Eintlik is dit ʼn Polisie aangeleentheid. “

“Ek dink ons het nie ʼn keuse in hierdie geval nie, Albertus!”

Daardie selfde nagtelike ure is Dirk en Albertus na die Kommando Kaptein Eldersin om hul saak te verduidelik.

“Naand, Kaptein Eldersin. Dit spyt my dat ek hierdie tyd van die nag of is dit in die laat nagtelike ure moet kom pla, dit is my twee vriende, Dirk en Konstabel Albertus Van der Plooi.”
“Naand, wat kan ek vir julle twee doen, dit moet baie dringend wees of julle het moeilikheid.”

“Na wat julle twee my nou hier vertel, is dit nie so maklik as wat dit vir my lyk nie. Miskien is daar wel ʼn plan om te maak. Laat ek dit so aan julle twee stel; ek sal saam met my manne gaan, maar ons bly op die agtergrond, vir die wis en onwis van die aangeleentheid. Ons sal alleenlik optree wanneer toestande wil hand-uit ruk.”

“Genugtig Kaptein Eldersin, dit is nou ʼn briljante idee. Wanneer kan ons met die operasie begin? Ek hoop dit kan nog vanaand gebeur Kaptein.”

“Stadig nou oor die klippertjies Konstabel van der Plooi. Gee my kans om al my manne op te kommandeer. Hulle is juis honger vir so ʼn bietjie aksie, en ek glo nie hulle sal beswaar hê om so in die vroeë oggendure uitgeroep te word nie.”

Vir Dirk en Albertus het dit soos ʼn ewigheid gevoel. Operasie ”Kurieus” is nou in volle gang, met Kaptein Eldersin se manne op die agtergrond. Dirk en Albertus oorrompel die nagwag sonder enige verset. Die masker word verwyder.

“Nou toe nou en wie kry ek nou hier. Is dit tog nie jy Dan Kloete, wat my om die bos probeer lei het nie? Nou sien ek die prentjie duidelik en vertel my hoeveel van julle addergebroedsel is hier?”
“Ek sê niks.”

“Jy beter saamwerk Dan Kloete, ek dink dit sal net beter vir jouself wees.”
“Inruil vir wat!”
“Kom ons praat later daaroor, jy sien my geheue is nou te besig vir enige ooreenkomste.”
“Dan kan ek nie help nie.”

“Wel, dankie vir die “inligting”, en dit sal ek onthou.”
“Nou goed daar is nog ʼn wag, julle sal hom daar kry, en nog twee ander in die murasie met maskers op.”
“Nou sê vir my net een ding, is daar ʼn boskode voordat ek kan ingaan, en moet nie my tyd verder mors nie.”

Vir ʼn wyle twyfel Dan Kloete of hy die boskode moet gee.
“Ek wag vir die boskode!”
“Die boskode — ja die boskode is, Brag.”

“Dirk, ons het nog steeds ʼn probleem, hoe gaan ons hierdie drommel se stem naboots.”
“Ek is nie ten gunste van hierdie idee nie. Ek sal seker hierdie ou se klere moet aantrek, en ʼn manier moet vind om een van hulle se aandag te trek, maar hoe weet ek nie.”

“Dirk, hý rook mos skelm — “
“Wag so ʼn bietjie, ek rook nie, Albertus!”
“Ja, ek weet jy rook nie, sit die plastiek in jou mond dan maak jy of jy rook. Wat sê jy daarvan, Dirk!”
“Mmmmmm as dit al uitweg is.”

Uit die agtergrond.

“Wat besiel daardie twee nou om te staan en rook. Kan hulle nie vir hul self dink nie! Hier kom nou moeilikheid. Manne wees reg vir aksie — julle wag vir my bevel. Het julle gehoor!”
“Ja, Kaptein.”
“Jog maar hy kan darem vir jou kruie. Sal die see groot genoeg wees om daardie ou af te was?”

Dirk maak of hy begin om te hoes en keel skoon te maak. So kom een van hulle al nader na die nagwag, min wetende wat op hom wag. Al die verrassingspakkies hou nie ewe veel belowende eindresultate in nie.

“Wat gaan daar buite aan?” word van die binnekant van die murasie af gevra.
“Hierdie simpel nagwag wat staan en rook. Hy weet dit is verbode.”
“Ja, gun hom tog ook maar ʼn bietjie plesier.”
“Nou goed dan!”

Nou weet Dirk en Albertus, hierdie ou is ʼn mans persoon. Hulle sal baie vinnig moet optree, anders is dit neusie verby. Met mag en mening slaan Albertus die ou oor die kop. Die volgende oomblik slaat hy soos ʼn dooie os neer. Vinnig word hy ook geboei en ontvang ʼn stuk lap in sy mond wat dien as knaldemper. Nog voordat die ander een weet wat aangaan is operasie ”Kurieus” suksesvol afgehandel.

Daar word vir Kaptein Eldersin gesein dat alles vlot verloop het.

“Albertus, is dit jy? Ek het gedink, nie weer dieselfde nagmerrie oor nie. Dit het vir my soos ʼn ewigheid gevoel, my lief.”
“Nou kan ek die saak finaal afsluit my lief. Ja, die nagmerrie is hopelik nou verby.”

“Nou toe nou! Wie het ons nou hier?”


Woorde. 23284 is 24256.

DIE ONHEILSPELLENDE
MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Operasie kurieus.
Baie dankie vir almal se getroue saamlees, ja die drama begin na operasie Kurieus en ek hoop dat die senuwees gaan hou....
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Lekker gelees
Ek lees altyd lekker aan jou werk en dis duidelik jy geniet die skrywery. So, nou is operasie ”Kurieus" afgehandel. Wonder wat wag volgende..?!
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


operasie
Inderdaad 'n suksesvolle operasie, dankie vir die deel.
5 jaar 2 dae 13 ure oud


Operasie
Ek het myself behoorlik ingeleef. Is daar nog???
5 jaar 2 dae 16 ure oud


operasie
Baie geluk Albertus met die suksesvolle operasie. Goed geskrywe.
5 jaar 2 dae 17 ure oud


operasie
arnold ek leef my in jou storie in
5 jaar 2 dae 22 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar