Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende





Jare terug het ek 'n perd geken wat iets oorgekom het wat jou urm hare sal laat regopstaan. Hy het uit 'n gegoede huis uit die Suid Kaap gekom en hy was laaik, laaik wow man. Shoe wow. Like. Ietwat arty, lees werkloos, ietwat temperamenteel, lees hy mix sy ganga met ander shit maar dik van die pond. So almal het hom respek betoon. Want hy kon dop vir jou koop. Jy nog daar? Fynbesnede gevritjie met die necessary baardpietjie as facial hair, like. Ons held in die verhaal, ag kom ons geniet onsself, en noem hom Zaan was klinies soos 'n skerpskutter oor sy higiene. Skud hand met hom en hy gaan was sy hand met 'n spesiale ouderless seep in sy baadtjie sak. As iemand nies dan lyk hy asof die Swart Pes hom kom haal het. 'n Fyn mannetjie, welriekend met katoen hempde om te match. En het altyd beter geweet as jy. Champ claim hy was nog nooit siek nie. Drink groentee en die gewone tjol. Maar ergste was sy maniertjies met jou girlfriend. my een vriend wou altyd projektielsgewys kots as Zaan, noem my sommer Zee want al my close vriende doen, eers klaar was met jou gf. Eers sou hy haar aanstaar soos 'n krygsgevangene 'n Magnum sal aankyk. Dan sou hy haar drie ja f@kweet drie keer soen op die wange want dis hoe ons dit doen in Parys. Die plebs in die platteland soen net twee wange, Wat tjol is het ek later uitgevind. Absolute snert. En dan sal hy vir ure met haar chat oor goed wat in die blerrie Rooi Rose en Cosmo voorkom. En sy vroulike kant was iets wat al die manne laat twyfel het of hy nie elke wan en dan wegwedstryde gaan speel nie. In Groenpunt nie. As jy weet wat ek bedoel. En ek dink jy doen.

Genadiglik besluit hy om sy eie Roots in Africa te gaan vind en verlaat ons genadiglik vir 'n Kuifie in Africa tipe van ding. Beland aan die Voet van Kilimanjaro met 'n Sweedse pop wat die blonde van ABBA in die uuurm steek sou laat. Na 'n Nag van passie in 'n eenmantent sit hulle langs 'n vuurtjie wat die Keniaanse koffie kook en Zaan lyk asof hy kondensmelk by die tonne ingekry het. Seg Annifred: "You know it is weird. But you are the first white guy that I have shagged in Africa. And I have been here loooong." Na sy bewerige, hulpelose paniekaanval, waarmee hy klaarblyklik die vuur doodgeval het, kom hy inderhaas terug. Nadat die dokters hom geclear het, sy brandwonde genees het, het die gestig hom sonder huiwering aanvaar. Lekker Zaan. Lekker Doeks. My bra. Here is to the Good Times. Soos Deano sou sing.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar