Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand is daar n lied in my hart, my man is oppad terug en verwag ek hom later vanaand. Ek het besluit ek gaan vir hom wag al kom hy laat vanaand, krullebol gaan vir hom wag.

Ek gaan stort, ek wil my rooi rompie met my rooi winter bloesie, want dit voel al koelerig, winter is oppad, aantrek, met n rooi blom in die hare, ek wil op my beste lyk.

Toe ek uit die stort uitkom, hoor ek n harde geluid, soos iemand wat teen iets stamp, in die sitkamer. Ek bly n hele rukkie doodstil om te hoor of ek nie nog iets hoor nie. Na n rukkie se stilte trek ek my kamerjas aan om kamer toe te gaan, maar ek voel nou bang en onrustig. Dit is net of ek daardie voorgevoel het dat ek nie alleen in die huis is nie.

Toe ek in die kamer kom trek ek die bedlaatjie oop om my man se Walther P.38 pistool op die bedkassie, langs die noodalarm knoppie neer te sit, want ek is nou doodseker ek is nie alleen in die huis nie, maar ek is te bang om te gaan kyk.

Die Walther is klaar oorgehaal en haal ek net die veiligheids knippie af voor ek dit op die bedkassie neersit, wie dit ook al is, ek gaan hom hier inwag. Ek wil dit eerder doen as wat ek my trompop in hom vasloop. My man kan dit nie wees nie, hy sal nooit in sy lewe probeer om my skrik te maak nie, veral nie na die lesing oor selfbeskerming wat hy my gegee het toe hy my gaan leer skiet het met die Walther nie.

Ek kan seker nie die hele tyd so sit nie, en beweeg ek hangkas toe, weg van die Walther af, toe die groot swart man, met n mes in die hand, in die deur verskyn. Ek erken hom dadelik, dis hy wat vroeër vandag lank deur die winkel gedrentel het.

Ons sluit nooit die geld in die twee winkels toe nie, ons bring dit huis toe om in die geweerkluis toe te sluit en is my eerste gedagte dat hy wil geld hê. My volgende gedagte is hoe het hy ingekom, en by Jock verby, toe dit my byval dat Jock seker weer op besoek by Annetjie oorkant die straat is.
n Doodse vrees sak op my toe maar ek bly kalm toe ek hom vra of hy geld wil hê terwyl my oë die afstand na die Walther toe meet. Hy sien ook die Walther maar hy besef dat ek nader as hy aan die Walther is, ek gaan eerste daar wees as ek kortpad oor die bed vat. Ons is dus skaakmat en voel die enkele sekondes soos n ewigheid. Die tierwyfie in my is nou ten volle ontwaak want ek weet nou hy soek nie geld nie, ek het dit in sy oë gesien, hy soek my. Hy wil my verkrag om sy vieslike dierlike instinkte te bevredig, en is dit die vasberadenheid in my dat hy dit nie gaan regkry nie wat my eerste laat beweeg om by die Walther uit te kom.

Terwyl ek dwars oor die bed val om by die Walther uit te kom is my gedagte: “Nie jy nie, jy gaan nie my liggaam, wat ek soveel jare vir my man bewaar het, kom besoedel nie en nog minder gaan jy my ongebore kind in my kom besoedel om jou dierlike instinkte op n dierlike manier in my te kom bevredig”.

Toe ek beweeg storm hy, maar ek kry die Walther eerste in die hande terwyl hy my aan my hare gryp om my te probeer seermaak. Hy slaag daarin om my op die bed neer te gooi. Ek besef dadelik dat hy my met brute krag gaan oorweldig toe hy op my val om my vas te pen, maar sy greep is nie wat dit moet wees nie want in die een hand het hy die mes wat hy teen my keel wil druk en met die ander hand aan my hare. Ek kry hom tog afgestamp om regop te kom. Hy is egter weer dadelik by my en gryp my vas om te probeer om die Walther by my af te vat. Hy gooi die mes neer om my nou deeglik vas te vat en dit is toe ek hom tussen die bene skop. Die pyn laat hom gil, hy kry dit nie reg om my vas te pen nie en slinger hy my teen die muur vas. Ek klou, ten spyte van die pyn, aan die Walther, want ek weet dit is my enigste redding, ek moet net my vinger om die sneller kry om n skoot af te trek. Hy ruk my van die muur af maar met my teësit val ek oor die hoek van die bed wat my in my onderlyf vang en n pyngolf deur my laat trek. Die pyn maak my meer vasberade, hy gaan my nie kry nie, en kry ek my vinger om die sneller om n skoot af te trek.

Die Walther P38 is n swaar kaliber pistool en is dit n oorver dowende slag toe ek die skoot aftrek. Ek glo nie hy het dit verwag nie, en die skrik in hom laat hom terugstaan. Dit is net wat ek nodig gehad het om die Walther op hom te rig en op daardie oomblik weet ek, ek gaan hierdie vark wat my liggaam en my kind wou besoedel, doodskiet. Hy het seker in die minuut wat ons vir mekaar kyk in my oë gelees dat ek hom gaan skiet. Ten spyte van pyngolwe wat deur my trek is ek nou doodkalm, ek weet ek is nou in beheer, ek wil hê dat hy my storm, ek wil hom in die oë kyk as ek die sneller trek.

Hy besluit om sy kans te vat om te vlug, die lafaard in hom het nou die oorhand gekry en hy het geen wapen meer nie, hy het sy mes in die begin van die stryd tussen ons, laat val. Met sy omdraaislag korrel ek op sy agterkop, ek wil hom dood hê, en wil ek net die sneller druk toe ek Jock deur die lug geseil sien kom om vir sy keel te gaan. Ek hou my vinger terug, ek is te bang ek tref vir Jock, en die volgende oomblik bring Jock hom grond toe terwyl ek Annetjie by die hek hoor skree ek moet oopmaak dat sy kan inkom.

Dit bring my tot my sinne en met Jock bo op my aanvaller, en die Walther op hom gerig, beweeg ek terug tot by die bedkassie om die knoppie wat die hek oopmaak te kan druk.

Sekondes later is Annetjie by my in die kamer. Ek het nie verwag dat sy so kalm gaan bly nie, ek het gedink sy sal aan die gil gaan en dat ek haar ook tot bedaring sal moet bring.

Sy bly egter doodkalm, kom sit langs my op die bed, nadat sy by die aanvaller en Jock verbygeskuur het, om by my uit te kom. Sonder n woord neem sy my selfoon om die polisie te skakel om uit te kom. Ek hoor, soos in n droom, hoe sy die besonderhede en die adres gee met n versoek dat dit dringend is. Die aanvaller is nog in die huis en word aangehou tot hulle kom. Dit is nie vyf minute later wat die polisievoertuig voor die huis stop en Annetjie, wat weer by hulle verbygeskuur het sitkamer toe, hulle daar kry en deurbring kamer toe.

Dit is n blanke en n swart konstabel en som die blanke konstabel die situasie dadelik op. Met sy pistool ook op die aanvaller gerig roep ek Jock van die aanvaller af sodat hulle hom kan boei. Die twee manne werk nie sagkens met hom toe hulle sy hande agter sy rug vasboei en hom op sy voete pluk nie. Op sy voete stamp die swart konstabel hom by die deur uit om hom in die voertuig te gaan toesluit terwyl die blanke konstabel na my toe kom en aan die anderkant van die bed kom sit. Annetjie het aan die een kant langs my kom sit, en neem die polisieman die pistool, wat ek nog steeds vasklou, uit my willose hande. Hy vra my wat gebeur het en vertel ek hom kortliks wat presies gebeur het nadat ek onverhoeds deur my aanvaller in die slaapkamer betrap is. Die pyne in my het nou bedaar en is ek in volle beheer van myself.
Die swart konstabel is weer terug met n dossier en vra ek dat hulle voor gaan sit terwyl ek net iets aantrek, dan kan ek die verkaring in die sitkamer gaan aflê.

Die verklaring neem n hele rukkie om afgeneem te word en voel dit vir my soos n ewigheid tot hulle klaar is en vertek en is daar weer n ligte pyn in my onderlyf. Nadat hulle weg is bly Annetjie by my terwyl ons vir my man wag, en vertel ek haar wat gebeur het. Ek is doodkalm en drink die suikerwater wat Annetjie vir my gemaak het.

Toe my ou groot beer later instap is ek in sy arms en toe stort ek ineen. Ek begin huil en met snikke wat deur my liggaam ruk vertel Annetjie hom wat gebeur het, ek kan nie. My man is dadelik op sy selfoon en ten spyte van my teenspraak bel hy dr. Hanekom, n vrouedokter wat ons op besluit het vir my swangerskap, met n versoek om my dadelik te kom ondersoek omdat ek aangeval is. Toe my man egter vir haar noem dat ek twee maande swanger is vra sy my man dat hy my dadelik in die bed moet laat lê, sy is oppad.

Ek het maar weer kom uittrek en het ek net my kamerjas aan toe sy by my kom. Onder die ondersoek deur begin die pyngolwe in my onderlyf weer deur my trek.Dit laat haar besluit om my hospitaal toe te stuur en roep sy my man in: “Mnr. Marais ek wil hê dat jou vrou dadelik hospitaal toe gaan. Ek is bekommerd oor die pyn in haar onderlyf en die skok oor wat gebeur het het nog nie werklik tot haar deurgedring nie. Ek kan dit agterkom aan haar vinnige hartkop en polsslag en haar bloeddruk is ook nie vir my reg nie. Ek weet ons hospitaal is seker nie ideaal nie en sou ek haar graag eerder wil Kroonstad toe stuur. Daar is egter nie nou tyd daarvoor nie, ek moet haar vinnig in die hospitaal kry waar ek haar kan stabiliseer. Ek gaan n ambulans bel om haar te kom haal, ek wil haar nie nou vermoei nie en wil hê sy moet bly lê”

Al hierdie dinge hoor ek soos in n waas, ook toe sy bel vir n ambulans, en voel ek skaars die prik toe sy my inspuit want ek begin nou bekommerd raak dat ek my kind gaan verloor en vra ek haar: “Dokter gaan ek my kind verloor”.

Haar stetoskoop is nou weer op my onderlyf en sien ek n trek van bekommernis op haar gesig toe sy my antwooord: “Dit is hoekom ek jou in die hospitaal wil hê mevrou, ek wil keer dat dit gebeur. Jy het n harde hou in jou onderlyf weg en die skok van wat gebeur het gaan nou eers begin deurwerk, ek moet jou stabiliseer en dit kan ek net in die hospitaal doen”.

Die ambulans is n paar minute later daar en ek word ingelaai met n bekommerde Neelsie en Annetjie wat toekyk voordat hy in sy bakkie klim om ook hospitaal toe te kom. Met my aankoms by die hospitaal is dr. Hanekom, saam met n ander dokter wat sy gebel het, reeds daar. Sy stel hom voor as dr. Willemse, wat haar gaan kom bystaan. Die pyne in my onder lyf het bedaar maar toe hulle weer oor my begin golf weet ek, ek gaan my kind verloor, in my vermoor. Hulle gee my n inspuiting en toe raak ek weg in die duisternis.

Ek moes seker die hele nag deur geslaap het want toe ek bykom sit my man langs my bed en deur die venster stroom helder daglig. Hy kyk dadelik vir my en ek vir hom. Ek kom agter dat dit so leeg in my voel en toe weet ek, ek het my kind verloor. Ek het nie eers nodig om my man te vra nie maar kyk hom met vraende oë aan. Hy vat my hand, hou dit styf vas toe hy sê: “My ou groot nooi, hulle het alles probeer maar ons het die babatjie verloor, daar was niks wat hulle kon doen nie”.

Ek draai my kop weg en dan begin ek huil. My grootste droom ooit in die lewe, n kind van my eie wat ek kan lief hê en troetel, is verpletter deur n gewetenlose dier wat my wou kom mis bruik het om sy dierlike instinkte te bevredig.
Ek lê en huil tot my man my met baie troos tot bedaring bring en voor ek myself kon keer sê ek vir hom: “Neels, ek moes die bliksem vrekgeskiet het gisteraand toe ek die kans gehad het. Hy is n moordenaar, hy het my kind in my vermoor”.

My man probeer seker troos toe hy vir my sê: “Grootnooi, daar sal weer enetjie kom, jou begeerte vir n eie kind wat jy kan lief hê en troetel sal nog bewaarheid word. Maar nou is dit die belangrikste dat jy rus sodat jou liggaam kan herstel”.

Ek kyk hom vas in die oë toe ek vir hom sê: “Ek weet daar sal weer wees, maar dit sal nooit die outjie wat ek nou verloor het kan vervang nie. Jy moet nou gaan, ek is reg, die twee meisies sal nie alleen regkom nie en iemand moet gister gaan afsluit”.

My eerste besoeker later die oggend is sers. Hattingh, met wie ons te doen gekry het toe my man destyds in die rooftog geskiet is. Hy is baie simpatiek met my en verseker my dat hy more weer kan kom as ek nie sterk genoeg voel om met hom te gesels nie. Ek gee nie om nie en lees hy die verklaring wat ek gisteraand afgelê het aan my voor en vra of ek iets wil byvoeg of wil verander. Ek skud my kop, ek is tevrede maar toe vra ek hom: “Sersant wanneer kom die vuilgoed voor en sal ek teen hom moet getuig as die saak voorkom”.

“Mevrou, jy sal moet getuig. Hy kom Maandagoggend voor maar dan het ek jou nie nodig nie. Die saak sal uitgestel word sodat hy kan regsverteenwoordiging kry en om my kans te gee om die nodige te doen vir n waterdigte saak teen hom. Hierdie is nie sy eerste oortreding nie en is daar dus nie n kans dat hy op borg vrygelaat sal word nie. Jy kan veilig voel”.
Dit pla my hoe die aanvaller in die erf gekom het en vra ek sers. Hattingh of hulle al kon vasstel hoe hy in die erf gekom het, want voor is tog n staalheining met skerp punte.

Hy antwoord my dat hulle wel vasgestel het: “Mevrou, hy het oor die muur aan die agterkant van die erf gekom nadat hy deur die bure agter se erf gekom het.

Ek was nou net by juffrou de Villiers om haar verklaring te kry en het sy my daarop attend gemaak dat jou aanvaller, volgens die meisie wat saam met jou in die winkel was, gister vir n lang tyd in die winkel was en doelloos rondgedrentel het.

Ek het ook beslag op die video, wat die veiligheidskamera in die winkel geneem het, gelê. Ek gaan dit as bewysstuk in die hof gebruik want die band wys duidelik hoe hy, terwyl hy daar rondgedrentel het, jou die hele tyd dopgehou het”.

Ek dink dit is die drip wat my lomerig maak want net nadat hy geloop het, raak ek weg en skrik heelwat later wakker toe Hildegard inkom. Hildegard is maar n ander entjie mens maar toe sy my vashou troetel sy my soos n babatjie met my kop op haar skouers en laat sy my uithuil sonder om vrae te vra, heeltyd vryf sy my rug sag op en af om my te troos, sy weet hoe ek geleef het vir my eie kind.

Toe sy opstaan om te loop kyk sy my diep in die oë met haar afskeidswoorde: “Zelda, jy gaan nie toelaat dat hierdie miskraam jou onderkry nie.
Ek kan nie dink hoe jy voel nie want ek het nog nooit so iets ervaar nie. Ek is egter n ma en die dag as ek klein Giepie moet verloor sal ek mal word, maar ek kan net mooi vra dat jy sterk is, die lewe gaan aan en daar sal weer een na hierdie outjie wees wat jy verloor het. Dit was in elk geval nie jou skuld nie, so moet net nie met selfverwyt begin nie. Dit sal fataal wees”.

Na toemaaktyd kom gooi Annetjie en Charmaine n draai by my en kuier bietjie by my. Die res van die aand is my ou groot beer heel tyd by my. Ons praat nie baie nie, maar hou hy die heel tyd my hand vas en toe begin die selfverwyt kom. Ek begin myself die skuld gee dat ek die aanvaller nie moes ingewag het nie, ek moes hom in die sitkamer gaan stormloop het en daar geskiet het, ek moes nie vir hom gewag het nie.
Ek is dus ook in n mate verantwoordelik dat ek my kind verloor het, dink ek by myself. Ek deel egter nie my gedagtes met my man nie, ek het hom nog nie eers my kant van die storie vertel nie en hy vra ook nie uit nie, hy sit net daar by my. Dit is al laataand toe ek hom vra om te gaan, ek is moeg en wil gaan slaap en hy moet ook gaan slaap, ek kan sien hy is doodmoeg en het n paar keer so sittende langs my bed aan die slaap geraak, arme man kan ook nie meer nie.

Sondagoggend vroeg ontslaan dr. Hanekom my en kom my ou groot beer my dadelik haal nadat hy Annetjie opgekommandeer het om die fort te kom hou. Toe ek in ons kamer instap slaan die aanval my weer soos n vuishou en moet Neelsie my help om op die bed te kom, my bene gee net eenvoudig pad onder my. Jock is die heel tyd by en kyk hy met daardie honde oë aan asof hy wil sê dat hy jammer is dat hy nie daar was nie. Ek kan maar net sy kop vryf en sy ore frommel. In my oë is hy nogtans n held wat nie n oomblik geskroom het nie.

My ou groot beer maak vir ons n heerlike ete en word ek met aandete in die bed bederf wat ek moet groot dankbaarheid geniet. Sy liefde en bystand is wat my nou aan die gang hou en ek besef dat ek sal moet aangaan, ek is dit aan hom verskuldig .

Toe hy gaan stort trek ek my dagboek nader en skryf: “Liewe dagboek, ek is eergisteraand hier in die huis deur n verkragter aangeval. Hy het egter tweede gekom en danksy Jock en Annetjie het hy sy rieme styf geloop. Dagboek ek het my ongebore kind as gevolg hiervan verloor .
Daar gaan soveel gedagtes deur my kop dagboek. Hoekom moes dit met my gebeur wat n kind so begeer. Daar is soveel duisende wat aborsies ondergaan omdat hulle die kind nie wil hê nie en ek wat n kind so begeer, verloor my kind Al my drome is hier bewaarheid en waar hierdie droom ook besig was om vervul te word verloor ek my kind. Dagboek ek haat my aanvaller met n verterende haat. Hy wou my liggaam en my kind kom besoedel om sy dierlike drange te bevredig. Dagboek niemand kan n stukkende moederhart, wat haar kind verloor het, verstaan nie. Ek moet aangaan dagboek, ek moet sterk wees, al is dit net ter wille van my man wat so lief is vir my en my so wonderlik ondersteun. Dagboek ek is egter besig om bang te word vir myself. So intens as wat ek kan leef en lief hê, so intens kan ek haat. Ek weet nie hoe ek vrede gaan maak met hierdie haat in my nie en ek probeer my gedagtes weglei maar ek kry dit nie reg nie. As ek myself kan kry dwaal my gedagtes terug en verskerp my haat teenoor hierdie man wat my wou misbruik en veroorsaak het dat ek my kind verloor het”.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Zelda word aangeval
en hier sit ek met traaaaane in my oë. my hart bloei vir Zelda , en ook omdat hierdie hoofstuk in haar lewe al so deel geword het van ons werklikheid vandag. ai, ek hoop die son skyn gougou weer!
5 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


aanval
ai dit is so jammer en hartseer!!! .. mag Zelda gou heirdie haat verwerk want sulke diep haat kan mens totaal vernietig van binne af.... mooi geskryf Neels
5 jaar 5 maande 3 weke 11 ure oud


Aanval
En nou wonder ek of my vermoede reg is.... ek is haastig om die volgende hoofstukke te lees.
5 jaar 5 maande 3 weke 13 ure oud


Aangeval
So jammer arme Zelda. Hoop die volgende hoofstuk bring weer goeie nuus.
5 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


ZELDA WORD AANGEVAL

So word 'n mens se lewe verwoes deur iemand wat nie 'n duit omgee hoeveel skade hy aan iemand anders doen nie.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae oud


Oegggg . . .
Dit maak mens darem moedeloos kwaadttttt!
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae oud


nie jy nie
Ek onthou die vorige plasing, Neels...het toe gewonder wat daarvan geword het. Dit is 'n vreeslike ding om met enige vrou te gebeur. Dis seker maklik om te haat na só iets met jou gebeur...
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Aanval
Weereens lekker leesstof.. Goed verwoord en in detail vertel... Hartseer en tragiese wending maar ons sien uit na 'n opstaan uit die as en 'n gelukkiger wending in die verhaal...
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud


Zelda - baba
AI, dis 'n lewensverhaal van so baie mense. Ek's bly Zelda het nie fisies iets oorgekom nie. Haar baba was 'n droom, maar die Here sal weer vir haar gee.

Briljante storie, die van jou. Mens moet dit net elke keer lees.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


Zelda
So jammer van die baba. Zelda is egter 'n sterk vrou, en sal oorwin.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Zelda word aangeval
Ek het boeiend in hierdie hoofstuk ingekruip en elke vrees van Zelda saam met haar beleef, so het elke vrou ook hierdie vrees. Haar hardseer het ook deur my oe gespoel. Mens raak lief vir Zelda, sy word n vriendin en haar pyn word dan ook myne. Ek hoop sy herstel mooi in die volgende hoofstuk.

Dankie Neels
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


aanval
hierdie deel van Zeld het ek al n slag gepubliseer onder die titel nie jy nie. dit was die storie wat aanleiding tot die plasing van die volle verhaal van Zelda gegee het. hierdie weergawe is nie heeltemal dieselfde nie en ter wille van die reeks plaas ek dit weer
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar