Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aan die begin van Alle Goeie Dinge, was die Aarde nog Plat. Vader Tyd en Moeder Natuur het so ʼn stukkie grond tussen twee groot plasse water gehad wat hulle sommer Af-Rika genoem het, want hulle het dit van Ouma Rika af gekry. Moeder Natuur het maar op die stoep gesit en wolke brei en Vader Tyd het geloop en ligte af skakel om krag te bespaar, of, hy het somme gemaak en gewerk aan sy plan om tyd op te deel in Seisoene.

Hulle het vier kinders gehad wat die hele Afrika vol gehol het. Die seuns, Geo en Horti en sus Ousie het skool gegaan maar kleinboet Zŏon wat nog ʼn kleuter. Sus Ousie se regte naam was eintlik Aqua maar omdat sy so kon gaan verklik as die seuns besig was met ongemagtigde eksperimente, het sy die bynaam Ousie gekry “ Chips, chips ! Hier kom Ousie-aan” Ousie moes elke oggend see toe gaan en die sout uit die water haal vir die kombuis en die skoonwater vir die huis aandra.

Die kinders was verveeld en stout. Daar was toe nog nie kattekwaad om aan te vang nie, want daar was nog nie katte nie. Net grond en lug. Bedags moes hulle alles leer van die res van die wêreld en saans was daar elke aand dieselle ou Sterrekyk op die lug.

Een oggend vroeg staan Moeder Natuur so in die deur met haar blou gown aan, sy staar oor Afrika. “Platvloers, dis hoe dit lyk” en sy sê verder : ”Vandag, is die dag, wat dinge bietjie gaan verander hier op Afrika. Nee-A, ons gaan bietjie decorate. Alles is te plat en Zen hier rond.”

Sy skree die kinders wakker en begin opdragte uitdeel.
“Geo, vat jou grafie en gaan spit ʼn paar gate en damme, en maak sommer berge van die uitgrou grond, en maak sommer afloop vir die water na die see toe. Wees kreatief ! ”

Heelnag het sy ontwerp en gedink. Dit gaan soo cool wees.
“Hortieeeee... Horti !” gil sy. Die kind is altyd besig met goed in sy kamer. “Horti my kind, gaan haal nou van daai sade wat jy onder jou matras wegsteek en die kultuur wat jy brou en gaan sit dit oral in verskillende plekke, waar jy kan sien hoe dit groei. “ en ou Horti spring daar weg agter Geo aan en hy plant bosse en woude en grasvelde en blomme en kruie en bolle.

“Ousie my kind gaan haal water in die see en gooi dit in my gebreide wit wolke en dan sleep jy dit heen en weer om al Horti se Kulture nat te maak. Maak seker die oorskiet water loop in die see in. Ons noem die see dan sommer na jou want dis jou ontwerp, hê ? wat sê jy ? Die Oseaan.”

Sy los vir Zŏon by sy Pa en gee hom klei om mee te speel. “ Maak jy nou vir Mamma sommer ʼn paar mooi voellies en dierrietjiese, en goetetjies wat in die nuwe plek kan rond staan. “

Moeder Natuur en Geo-grafie en Horti-Kultuur en Oseane kom moeg maar trots laataand tuis. Alles is te mooi. Daar is berge en dale en bome en blomme en water en riviere en Vader Tyd het uiteindelik sy Seisoene klaar uitgewerk en geïmplementeer, maar skoon vergeet van Zŏon.

O o o.... Boetie Zŏon het baie voëltjies en diere en watergoed en gemaak. Hy het ook toe die klei opraak verveeld geraak en Vader Tyd se laaste bottel, ‘Baie-Spesiale-Exiler-Vir-Buitengewone-Omstandighede’ in die hande gekry en oor sy klei speelgoed gegooi. Alles lewe ! en hulle is honger. Hulle eet gate in Horti se plante en sommer mekaar ook. Die gesin gooi al boetietjie se goetetjies in emmers, sit deksels op en gaan slaap. More sal hulle plan maak.

Die volgende more vroeg sê Vader Tyd. “Wel ons moet nou maar logies dink en orde skep. Dis teen die Orde van Orde, om jou eie skepping te vernietig.

Pa en Ma en die groot kinders deel toe die diere op in groepe. Voëls moet in die lug beweeg. Neste bou. Daar is baie van daai ontwerp. Hulle kan goggas en saad eet en die grotes vleisies. Die diere word in groepe geplaas. Sommige tussen die bome en sommiges op die gras vlaktes en sommige in die berge.

Apie goed moet in bome bly en eet. Sommige diere mag gras eet en sommige mag net blare eet. Die lang diere soos ʼn Kameelperd mag hoog in die bome blare eet. Daar is baie soorte bokke. Die Njalas mag net blare vreet en die Rooibokke net gras.
Visse en krokodille moet in die water bly. Seekoeie kan in die water bly maar moet op land eet.

So word daar toe vir alles wat Zŏontjie geskep het, bly plek en kos en reëls opgestel, sodat daar nie oor kos en water en blyplek gestry word nie. Vandag nog probeer die Mens agterkom wie wat doen in die natuur en daarom noem hulle dit Zŏologie




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ZOON
BRAVO BRAVO en groot applous! Sommer vir die hele familie se handewerk en jy wat die verslag geskryf het!
6 jaar 2 maande 3 weke 6 dae oud


Dankie
vir die lees.
6 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Haha
Saans was daar dieselle sterrekyk op die lug..
:-D
Ek hou ook van Geo met sy grafie...
Ek het lekker gelees en gelag!
Hou aan van die dinge skryf, ons het lag nodig!!
6 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Dankie
Vir julle kommentaar.
6 jaar 2 maande 4 weke 11 ure oud


---
Nee kyk, ek dink nie ek het al ooit so lekker gelag soos met hierdie vertelling van jou nie! Veral daar by Geo vat jou grafie en Hortie se kultuur wat hy brou .. Dankie vir jou "kreatiwiteit" **LAG** Brandewyntert!
6 jaar 2 maande 4 weke 19 ure oud


Zoo Lake
Lyk lekker - val lekkerb uit die mond uit as jy hom vertel.
Encore!!
6 jaar 2 maande 4 weke 23 ure oud


Zoon . .
OK. Die diere en goggas en alle
soorte van is nou verklaar
En ook die berge en dale en waters van die Aarde
Wat nou van die Groot Vernietiger - die mens
(kom ons noem dit : Lyk soos mens.
Waar die vandaan?

Jy moet mooi vertel want ek dink dit is 'n skewe brein wat die wrede vernietiger gemaak het.
En wat is sy lot?
10 vir deel een
6 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar