Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


in jou dol en leë strate
in hartseer agterplase
is skoonheid diep, diep weggebêre

ver van jou marmergange
sonder krag of water
is groeikrag diep, diep weggebêre

refrein:
ons sal jou nooit verlaat nie
al sou dit ons niks meer baat nie
as om steeds te soek
meer bloed te stort
daar’s ʼn paradys, paradys
weggesteek, agtergebly

die son het ondergegaan
die maan het donker gaan staan
tog gaan die natuur net aan

wie sal dit waag
om jou so aan te raak
jy wat ons vaders se bene bewaar

refrein herhaal: ons sal jou nooit…

elkeen moet eendag doodgaan
en veertig miljoen geeste
sal jou hawens en jou poorte bewaar

refrein herhaal: ons sal jou nooit…



************************************
Die musiek hierby geplaas is die instrumentale weergawe met klavier, alles my eie. Hierdie lied is nog op soek na ʼn regte sanger. Die bladmusiek en begeleiding is ook beskikbaar, geskep op Musicmatch 2000.

Die komponis en skrywer behou alle kopiereg.




©Torm 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

fout
"geskep op Musicmatch 2000" moet wees "geskep op Musicstudio 2000"
Sorry, ek was nie dronk nie net disnis: Musicmatch is gebruik om hom na mp3 formaat om te skakel.
8 jaar 2 maande 1 dag 12 ure oud


agtergeblewe paradys
Luister gerus ook na die musiek, ek het eerder klavier gebruik as my stem hierdie keer.
8 jaar 9 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


paradys
Spyker Koekemoer se insigvolle kommentaar is ongelukkig nie hier nie, was per e-pos en tussen al die honderde e-posse uitgevee.
8 jaar 10 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


agtergeblewe paradys
in jou dol en leë strate
in hartseer agterplase
is skoonheid diep, diep weggebêre

...koos doep styl, diep woorde wat eggo! Hou baie hiervan!!!
8 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


einde
"elkeen moet eendag doodgaan
so veertig miljoen geeste
sal jou hawens en jou poorte bewaar"
word aan die einde fluisterend herhaal saam met die klavier in 'n poging om hoendervleis te veroorsaak.
8 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar