Musiek & Lirieke

Titel: natuurprag
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wanneer ek natuur aanskou
staar ek net oopmond
na werke van U hand
bome, valeie, berge, dale
al’s tekens van U grootheid

verkyk my kleure blomme
sien U aanraking gesiggies
geen man het geskape
wat U gespreek het
want daar is geen een soos U

koortjie:
ek wil U loof en prys
niemand kan U troef
ek wil U loof
U is verhewe in lof

sien hoe vloei water riviere
staar na kronkel draaie
magtig en geweldig
geeneen kan stuit
U’s die Outeur van hul weë

elke lewende maaksel
wat asem het
kan slegs leef
deur U lewende Gees

koortjie:
ek wil U loof en prys
niemand kan U troef
ek wil U loof
U is verhewe in lof

U alleen is Alfa,
asook die Omega
deur U woorde
word als voortgebring
ek sê vir myself: “wat ‘n wonder wêreld”
U is in alles om my,
U is in alles wat leef,
U is in skoonheid
ek weet U leef
ek weet U is God

@ D.H. Pienaar, geregistreer by SAMRO

Ek koppel my Engelse weergawe aan, want ek het die lied nog nie in Afrikaans opgeneem nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Natuurprag
En kan ons slegs leef deur SY Lewende Gees! Pragtig verwoord!
8 jaar 10 maande 2 weke 14 ure oud


Natuurprag
Inderdaad is hy God! Mooi!
8 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


mooi
Mooi gedoen. Nou moet jy dit in Afrikaans ook doen. Watter instrument gebruik jy daar en, as dit aan 'n rekenaar gekoppel is, hoe het jy dit gedoen?

By gebrek aan toerusting het ek dus dusver net 'n rekenaar gebruik, wat nogal beperkend is omdat die klawers nie lekker speel nie.
8 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar