Musiek & Lirieke

Titel: sonstrale
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

brandende strale oggend son
laat U glorie op my val elke dag
sluk heel my wese in
verjaag die duisternis
laat U vuur oor my spoel o Heer
brand weg al die drek
skep in my U beeld
maak ‘n afskrif van U in my persoon
laat my die waarheid aanskou
die perfekte voorbeeld
dat die wêreld U in my aanskou

Koortjie:
verblind my met U krag Heer
U lig my gesig aanskakel
brand insnydings op my vel
van U genade en U liefde
ek wil U warm kus aanvoel
skyn neer op my Heer
laat U Gees my skaduwee wees
waar ookal ek gaan
laat U strale van lig my omvou
vir die wêreld om te aanskou

as ek in U lig wandel
sal ek altyd U skaduwee hê
ek sal die Gees van God imiteer
U glorie sal op my neerdaal
soos die strale van die son
en elke sentimeter van myself
sal deur U bedek wees
los slegs oor wat heilig skoon is
brand my lewe skoon
verteer my hele wese
met U seun

Herhaal koortjie

D.H. Pienaar, geregistreer by SAMRO

Ek laai my Engelse weergawe!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sonstrale
Mooi musiek en woorde!
8 jaar 11 maande 4 dae 8 ure oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar