Musiek & Lirieke

Bladsye:
Titel: wasdag
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

week my in U wasmasjien Heer
dat ek skoon anderkant uitkom
skrop my tot ‘n sneeuwit lewe
stem my in op U handeklap wysies
herstel my gebreekte gebeentes

Koortjie:
moenie oopmand na my staar
gee my n nuwe getuigskrif
maak n skoon begin
uit my warboel lewe
blaas U ewige lewe in my
verlos my lippe
sodat ek U eer kan besing
ek sal lofliedere sing oor U weë
ja, verlos my lippe
en ek sal kan sing
oor U lewensgewende werke

onbedenkte aksies hou vir U geen plesier
‘n foutlose opvoering
beteken nie veel
breek my trots en rebellie o Heer
skool my ware Gods-aanbidding

Herhaal koortjie

@ D.H. Pienaar, geregistreer by SAMRO

(Ek heg my Engelse weergawe aan!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wasdag
Puik musiek en treffende woorde. Het baie hiervan gehou. Wie is die sanger?, baie mooi stem en strelend op die oor. Sal na nog luister!
8 jaar 11 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


wasdag
Baie intressant.
8 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


hoe?
Seker maar oud, maar hoe luister ek? - ek sien wel die woorde.
8 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Soak song
Baie opwindend om na 'n liedjie op Woes te luister, haha! Ek's nou nie juis 'n musiekkritikus nie, maar dink die liriek, musiek en stemme skakeer goed in by mekaar, niks fout daarmee.
8 jaar 11 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Lucas

    deur Karlien van der Merwe

    Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar