Musiek & Lirieke

Titel: Windpomp
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Een dag op ‘n agterpad na Victoria-Wes
moet ek stop want my tjor het ‘n dors om te les.
In die verte blink sien ek ‘n windpomp wink
en dit is toe net daar waar ek ‘n sinkdam vind
En vir die eerste keer in my lewe let ek wel
op die absolute wonder van die windpompspel.

Wind pomp water uit die aarde uit
Wind pomp water uit die aarde uit
Stang beweeg op en af
Stang hyg in en uit
Wiel draai water uit die aarde uit

Die Karooson bak so dat die sweet van my lyf af stroom
Net daar trek ek my klere uit sonder om te skroom.
Toe van die wal met ‘n kreet en ‘n knal
breek ek die water in en daar spat ek lekker rond
in die water uit die grond.
En vir die eerste keer in my lewe let ek wel
op die absolute wonder van die windpompspel.

(refrein) Wind pomp water uit die aarde uit

Met al die lekker gespat let ek nie op dat
die son het na die horison gestap.
In die vonkelskemer verlaat ek die hemelbad
om die pad terug na my kar te vat.
En my hart is swaar van die pomp wat ek moet agterlaat
En vir die eerste keer in my lewe let ek wel
op die absolute wonder van die windpompspel.

(refrein) Wind pomp water uit die aarde uit x2
Stang beweeg op en af
Stang hyg op en af
Wiel draai water uit die aarde uit.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Windpomp
Sien dat Windpomp by musiek gelaai is onder musiek - track 1 maar nog steeds nie moontlik is om liedjie te hoor nie. Kan asb meer duidelikheid gee oor hoe om daarna te luister?
9 jaar 3 weke 5 dae 21 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar