Musiek & Lirieke

Titel: Skaakmat
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vers 1 & 2:
Ek staan hier voor die deur
Wonder is dit die laaste keer
Waar kom jou talent vandaan
Jy’t my uit die veld geslaan
Jy vertel vir my ‘n storie
Van prinse en feë
Die gebeure is nog vars
My hoop…lê dorre verlëe

Sy le die kaarte voor my neer
Wou weet is ek reg, wat sal’ie antwoord wees
Op my palms die woord gesien
In my hart my vrees miskien
Haar woorde was koud
Haar sienings was waar
In haar oog ‘n glinstering
En soos volg haar raad:

Koor:
Op die skaakbord van jou lewe
Staan pionne in ‘n ry
‘n Biskop as jou redder
Die koningin sal jou bevry
Jou passies slinks en impulsief
Soms verstandig, soms naief
Jy speel die spel van dromers
In skaakmat, is jy, ja jy, die koning

Vers 3 & 4:
In weelde het ons geleef
Vir my sou jy die wereld gee
Liefde het ek wel gevind
Aan ‘n leuen verhaal my hart gebind
Ons sprokie verlore
‘n Vae geheue
Die toekoms bleek en duisterend
My drome aan’t skerwe geskeur

Oor die jare het ek geleer
Die wêreld word deur geld regeer
Op prinse kan jy nie vertrou
Rome’s nie in ‘n dag gebou
Herhaal weer die woorde aan my gegee
Die kaarte wys die pad
Glo in tyd, hou vas jou hart
Jy dra die toekoms,
Die toekoms in jou hand

Koor (x2):
Op die skaakbord van jou lewe
Staan pionne in ‘n ry
‘n Biskop as jou redder
Die koningin sal jou bevry
Jou passies slinks en impulsief
Soms verstandig, soms naief
Jy speel die spel van dromers
In skaakmat, is jy, ja jy - die koning



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar