Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(consignment liriek vir 'n sanger 2010-10-08)

en Hy sê..
Mensdom, los die brug
draai om en kyk gou terug
tussen al die mense deur
het iets wonderliks gebeur
op die water loop Hy loshand
en genesing was aan kleedpant
die see het oopgegaan
God verstaan jou traan
God verstaan jou traan

as ek deur die blaaie
die antwoorde bly soek
soek ek met moeite
oplossings
wat skoonvee my vuil doek

waar daar ‘n wil is
moet ‘n weg wees
Hy sal ons nie verlaat
maar ons gryp dit
soos net ons wil
en luister nie na raad

met Jesus aan jou hand vandag
hoef jy nooit daai brug te bou
oor storm water wat verwoed
ons van Sy vrede weerhou
al wat Hy van ons vra
is om Hom aan ons hand te vertrou

kyk links kyk regs kyk gou weer links
stap stadig oor terwyl jy kyk
daar is geen brug wat als kan keer
maar Hy sal nooit ooit van ons wyk
God verstaan jou traan
God verstaan jou traan
en Hy sê..
Mensdom, los die brug
draai om en kyk gou terug
tussen al die mense deur
het iets wonderliks gebeur
op die water loop Hy loshand
en genesing was aan kleedpant
die see het oopgegaan
God verstaan jou traan
God verstaan jou traan

© Delene de Wet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar