Musiek & Lirieke

Titel: in U lig
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(consignment liriek vir 'n sanger 21/08/2010)

hier in die lig voor al die mense
sien ek U lig oor almal skyn
ek voel oor my sprei U warm hande
en weet U spreek deur my
die lig is so skerp, dit trek my nader
ek voel so naby U
in elkeen se oë hier voor my
lees ek U liefde deur my note
en ek laat sak my kop vir ‘n oomblik
en dank Jesus vir my genot in Sy seën

al U eer hang hier soos fynsproei mis
geur van parfuum gemeng met Ek is
en ons liggame voed deur U genade
mag ek aanhou drink van hierdie wyn
en my hart skoonmaak en rein
U genade is my woorde

Hierdie is die kosbaar oomblikke by U
Wanneer U lig op my skyn
U vrede vloei deur my snare
Ander kan laat drink aan u wyn
U liefde aantrek soos ‘n reënjas
En ek voel dit styf teen my
En almal wat hier luister
Luister van U liefde in my bloed
En ek laat sak my kop ‘n oomblik
En dank Jesus vir die genot in die reën

al U eer hang hier soos fynsproei mis
geur van parfuum gemeng met Ek is
en ons liggame voed deur U genade
mag ek aanhou drink van hierdie wyn
en my hart skoonmaak en rein
U genade is my woorde

© Delene de Wet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar