Musiek & Lirieke

Titel: Tussen ons
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Duet)

Vrou:
Nou na soveel jare saam
sien ek nog telkemaal,
die twyfel in hul oë ontstaan:
hul sê ons liefde sal nog faal!

Man:
Na al die jare meisiekind,
kan hul nog steeds nie verstaan.
Die liefde wat ons twee verbind
is meer as wat hul kan verstaan.

(Koor)
Saam:
Hoe kan hul dan ooit begryp
dis liefde wat tussen ons bestaan?
As ons so sonder woorde
aan mekaar ons liefde verklaar:
Man:
Jou glimlag as ons alleen is.
Vrou:
Jou oë as jy my troos.
Saam:
Hoe kan die wêreld tog verstaan
dis liefde wat tussen ons bestaan?

Vrou:
Hul sê ons is dag en nag.
Ek is suid en jy is noord.
Saggies kan ons twee vir hul lag.
Vinkel en koljander, soort soek soort.

Man:
Dag of nag, Noord of Suid,
Die een kan nie sonder die ander.
Vir ewig bly jy my bruid,
dit tussen ons sal nooit verander.

Bridge:
Want dis liefde wat ons bind.
Vir mekaar is ons gemaak.
Die liefde is mos blind,
Maar wat maak dit alles tog saak.

(Koor)
Saam:
Hoe kan hul dan ooit begryp
dis liefde wat tussen ons bestaan?
As ons so sonder woorde
aan mekaar ons liefde verklaar:
Man:
Jou glimlag as ons alleen is.
Vrou:
Jou oë as jy my troos.
Saam:
Hoe kan die wêreld tog verstaan
dis liefde wat tussen ons bestaan?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar