Musiek & Lirieke

Titel: Meditasie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mens moet maer met woorde
ronddobber op die diep see
stuifmeel op my voelers
vlinder heen en weer

Mens kan met akkoorde
die buitelyne inkleur
klankies op die kruine
van die diep blou see

Maar ek sien dat ek nie sien nie
ek voel dis voel verby
ek proe die diep geheimnis
van die Here hier by my

ek vra geen vraag meer nie
ek is en dis genoeg
my asem in my asem uit
sy Asem hier in my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MEDITASIE
Heerlik rustsig; lieflike kitaarspel!
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Asem
DIT was nou 'n lekker bonus.
Doen dit gerus weer.
8 jaar 4 maande 4 ure oud


Liewer laat as nooit >> hier is ek .. *smile*
Ek luister....luister diep en raak met huiwer vingerpunte aan die warm flikkers van jou stem....die glimlag op jou gesig kan ek 'sien' terwyl jy hierdie lied sing.... Jou enkel-akkoord- kitaarspel so kundig en keurig !!...

Kan ek vandag 'n uitdaging in jou uiters talentvolle teenwoordigheid los ?.... die diepte (bas) en nuanse waar jou stem gewigloos ''gehang'' het toe jy die 2 strofe se laaste reël gesing het ... '' van diep blou see '' ...het my laat steier ...DAAR. in daardie 'diepte' is waar jou stem sy skeppingsdoel bereid (net my beskeie opinie)... Ek sou graag wou hoor hoe jy jou stem presies weer DAAR sou laat verwyl in toekomstige komposisies .... Ek kom luister baie beslis weer na jou lirieke en musiek...dankie vir die uitnodiging ! :-)

ammiemoon
8 jaar 4 maande 16 ure oud


Kommentaar
'n Diep liedjie wat 'n mens se hartsnare aanroer. . .

Vonnie

8 jaar 4 maande 1 dag 4 ure oud


ASEM
Ek voel nou so rustig, tevrede en begenadig! Dis great!
8 jaar 4 maande 1 dag 6 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar