Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ‘n klip in my skoen
As jy na hom kyk word ek groen
Het jy ’n idee wat ek aan hom sal doen as dit
selfs eers lyk of hy jou wil soen

En die klipklonte van onthou
Slingervelwoorde tussen my en jou
Die liefdesreus het geval
Die gedagtes in my kop maak my mal
Die herinneringe maak my mal

Ek is ‘n vis in die lug
maar jy’s al lankal oor my brug
Wat ek wens, ek weet dit is ’n klug, maar ek
wens, ek wens jy kom nog terug

En die bloedklonte van onthou
Slingervelwoorde tussen my en jou
Die liefdesreus het geval
Die gedagtes in my kop maak my mal
Die herinneringe maak my mal
Verlore liefde maak my mal



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verlore liefde
jou woorde spoel oor my....
8 jaar 2 weke 7 ure oud


VERLORE
Klink beslis beter. En jy mag maar soms van annerste malligheid hou, dis die speserye van die lewe. Klink bietjie soos Bok wat sing.
8 jaar 3 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


Mooi lirieke
Slingervelwoorde tussen my en jou
Die liefdesreus het geval

8 jaar 3 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


Verlore liefde
Pragtige lirieke, Kritzglas, maae ek ondersoek die probleem dat ek nie die musiekbegeleiding kan hoor nie...nie net by joune nie, maar al my vriende wat lirieke getoonset het.
8 jaar 3 maande 1 week 2 dae 6 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar