Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kyk Hoe Stap die Jare aan

Kyk hoe stap die jare aan
Geleende tyd het ons ingehaal
Dit was altyd ek en jy saam
Ons liefde was oor die maan
Kyk hoe stap die jare aan

Woorde het van my tong verdwyn
Gedagtes en sprokies my verlaat
Dis ons liefde wat nog helder skyn
Maar ons het tog vasgestaan
Jy is my lewensmaat
Kyk hoe stap die jare aan

Kom lê saggies langs my
Ek hoop hierdie nag gaan nooit verby
Spandeer ñ bietjie tyd aan my
My jare is amper verby
Tot die laaste wil ek bly
Kyk hoe stap die jare aan

Stille swye, diepe herrinerings
Terug denke aan opofferings
Tye van lag en trane stort
Daar is niks wat ons twee kort
Kyk hoe stap die jare aan

Vir my is jy nog ʼn skone visioen
Jy het my lewe met liefde versoen
Blydskap heers nog in my hart
Duisternis het jy weg gevat
Kyk hoe stap die jare aan

Ons het ʼn sprokie geskryf
In die ou groot boek van tyd
Stories van liefde en respek
Dis nog steeds net jy en ek
Kyk hoe stap……

Die jare aan!!!
©



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar