Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is universiële gebruik om aan die droom wêreld waarheen jy graag ontsnap, hetsy dit fisiek is, hetsy dit illusie is, ’n naam te gee.
Plase, plotte, huise, karre, aftree plekkies, dan selfs geliefdes ook – alles kry gepaste, goed deurdagte troetelname.
Elvis Presley het syne ‘Graceland’ genoem.
Michael Jackson het syne’ Neverland’ genoem.
Vic Viviers kom met die naam, ‘Ander wêreld’ uit.
Ek is meer eenvoudig en noem myne net ‘Wonder wêreld’.

Geen lewende mens op Aarde is ‘verslaafloos’ nie. Ek is verslaaf.
Ek is verslaaf daaraan om my gees te verplaas na my Wonder wêreld van illusie – dit wat die geskrewe woord vir my daarstel.
Daar is vele tuine van die geskrewe woord waarin enige verslaafde heerlik kan loop verdwaal. Weens eie redes open ek graag die hekke van die Woes tuin vir ‘n heerlike wandeling.
Dit is dan ook geoorloof om van die blomme te betas, te beruik, te bewonder en self in my wese in te neem – deel van my lewensdrome te maak. Vir die doel dra ek ‘n ellemintige kruik.
Kom ek by ‘n besondere bos blomme en ek kan my assosieër daarmee; want die blomme praat met my wese by die aanskou daarvan en die skoonheid stop my in my wandeling, sal ek versigtig een daarvan pluk en in die kruik sit om saam te neem huis toe.

Ek het gaan wandel en sien ’n tuinier met die naam van Hester Roos, haar hansdskoentjies uittrek, terugstaan en vir wyle na die bos blomme wat sy pas geplant het, kyk en met geboë skouers en ’n rughand veeg teen haar wang, rigtingloos wegstap.
My nuuskierigheid dwing my om op te volg en ek stop, kyk, verstar en die kruik val uit my hande en ontplof in skerwe op die gruispaadjie.

Aan die bos is vyf blomme. Elke blom skree ten Hemele en roep dawerend uit in die vertel van haar verhaal:
In die eerste blom besing Hester jubelend haar liefde vir haar simboliese hondjie; maar . . .
Pragtig soos die hondjie is, is daar egter ook twyfel in sy ware opreg. Is dit haartjie wat verkeerd lê of dalk nie ’n opregte kyk in die ogies nie?

In die tweede blom besing Hester konkreet haar tikmasjien – die instrument waarmee sy haar siel, wese, lewe, drome, versugtinge swart op wit kan vir-ewig; maar . . .
Sy skrik self vir die naakte , skrikwekkende waarheid wat die masjien voor haar ontbloot.

In die derde blom beroep sy haar op musiek, die soete bedwelmende krag en magiese roep van die Nagtegaal; maar . . .
Sy steier terug, want uit die bekkie van selfs hierdie juweel sangertjie, kom valse note.

As finale toevlugsoord wend Hester haar na die Son, die ewige bron van lewe, die ewige versekering van die toekoms, die ewige ontvlugting na hitte en vertroosting; maar . . .
Sy is weereens teleurgesteld. Die son stuur nie sy hitte diep genoeg tot binne haar hart nie.

Flenter soos die skerwe van my kruik op die gruispad, sien haar goue traandruppels tussen die gruis; trane van teleurstelling, trane van verdriet . . . uit ’n gebreekte wese.

Hester, kolskote word nie uitgedink, beplan, gemeet en geweeg nie. Kolskote is skaarser as hoendertanne.
Jy het beslis gewerk aan die een maar, ek glo, jy het agterna eers gesien waaraan jy die lewe geskenk het – of het jy ?
. . . soos ek dit sien.

Dankie,.
Willie F van Tonder
2012/08/25





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het vir my
Willie, onverbeterlik gedoen, jou insig wat jy bied, jou stem in die musiek.

Ek wil net bylas: Ek sou graag die woorde wou lees soos jy dit voorlees. Wat dink jy daarvan om weer die gedig by jou resensie te plaas?
In alle geval, meesterlik gedoen en ek het agv jou voordrag ook sommer 'n draai by Hester gaan maak. 'n Ware diamant!
4 jaar 8 maande 1 week 14 ure oud


...
Hier het jy nou weer een van jou diamante uitgehaal.
4 jaar 8 maande 1 week 20 ure oud


VIR MY
Hester, vir die Wolf het jy 'n pragtige vers gegee om baie mooi voor te dra. Ditsem vir julle albei!
4 jaar 8 maande 1 week 20 ure oud


Ek het vir my
Jammer -- ek het vergeet: Ek wil net ook vir Hester gelukwens met 'n pragtige vers -- mooi gedoen!
4 jaar 8 maande 1 week 21 ure oud


Ek het vir my
Hi jy, dit laat my so warm en goed voel, dankie dat jy die gedig so hoog aanslaan en iets verder daarmee maak...Ek dink dis beautiful maar n jakkals mag mos nie sy eie stert /of die helfte daarvan prys nie) as jy weet wat ek se...so in nederigheid se ek baie dankie. Ek sal dit koester
4 jaar 8 maande 1 week 21 ure oud


Ek het vir my
Willie, weereens uitstekende bydrae en aanbieding uit die boonste rakke. Ek het dit regtig terdeƫ geniet, jy het regtig 'n besondere gawe en ek hoop jy hou aan daarmee.

Ek ditto Anja hieronder.
4 jaar 8 maande 1 week 21 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar