Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Op hierdie een-en-twintigste dag van Maart.
'n Nuwe begin op ons lewenskaart.
Skeur vorige bladsye uit ons dagboeke uit.
Ons verlede mee af te sluit.
Wat verby is Matilda 'n verbode plek.
Maak die vensters toe en grendel die hek.
Vandag plaas ons 'n finale verbod.
Op ons vorige eskapades ikabod!


Refrein:

Ikabod, ikabod!
Vandag plaas ons 'n verbod.
Teken ons die datum aan.
Ikabod, ikabod!
Die verlede nie ons lot.
Ons liefde gryp die toekoms aan.


Foto-albums, hy sal hom wat verbeel.
Die verwaandheid, ek versmoor in my keel.
In sy rooi Lambergini, afgeslaande dak.
Sy pa se beursie in sy sak.
Gooi weg die lekkerruik, verdroogde ou roos.
Die Valentyn kaartjies maak my so boos.
Jy in 'n bikini op sy seiljag.
Eers 'n vuurhoutjie, daarna hys die wit vlag.

Sies, jaloesie is 'n lelike ding.
As jou neusvleuels klap en jou ore sing.
Matilda, ons twee staan agter dieselfde deur.
Ons verledes maak mekaar so seer.
As jy vertel hoe lekker die javel kan soen.
Weet jy wat dit aan my ego doen?
Net jy en hy alleen daar op die strand.
In die koue branders en die warm sand.

Kameleon, word ek eers pers dan rooi.
Te dink aan jou sagte lyfie so mooi.
het grillige hande sonbrand olie aangesmeer.
Kunsies van die liefde geleer.
Matilda, jy moet dit vandag mooi verstaan.
Kry ek hom in die hande is dit gedaan.
Dan is die ika-ika-ikabod.
Op Adonis, Tillie, wag 'n vreeslike lot!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar