Musiek & Lirieke

Titel: Shingwedzi
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wokekrabbers, rook en verkeer.
Urbangif, my hart roes deur.
Pak die tent laat ons gaan.
Na daar waar die koedoes teen die horison staan!


Punda Maia, Shingwedzi.
Savanneveld, Mopani.
Hartklop van afrika.
As diere geluide die donker nag indra!



Refrein 1:

Shing-gwed-gwed-gwed-gwed-gwedzi,  troppe olifant.
Shing-gwed-gwed-gwed-gwed-gwedzi,  buffel teen die rant.
Shing-gwed-gwed-gwed-gwed-gwedzi,  luiperd, bobbejaan.
Kameelperd, renoster, kwagga, likkewaan!




Ongerepte boendoe-natuur.
4 x 4, groot avontuur.
Tweemanstent in die nag.
En oor ons glim die Suiderkruis se sterrewag!


Ek lief jou, as die steenbok dra.
Ek lief jou, as die naguil kla.
Ek lief jou, meer as my ma.
Onder Afrika se maan gaan ek die groot vraag vra.



Refrein 2:

Shingwe-e-e-e-e-e-e-e-ed-zi,  (proesgeluid)  seekoei in die kuil.
shingwe-e-e-e-e-e-e-e-ed-zi,  (huilgeluid)  jakkalse wat huil.
Shingwe-e-e-e-e-e-e-e-ed-zi,  (brulgeluid)  groot indoena brul.
Shingwe-e-e-e-e-e-e-e-ed-zi,  (seilgeluid)  luislang seil en krul.




Meisiestem: "Wat maak so, aggenee man, nou's ek bang"

Mansstem: Maar skuif nader my ou stadskapie, in hierdie groot gees se arms kan niks jou vang!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ita
?
ek mis die klankbaan hier?
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar