Musiek & Lirieke

Bladsye:
Titel: Kerstyd
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kalender jaar het baie dae en meer nagte. Enige mens wat waarde aan sy lewe heg, sal getuig dat tyd verby snel – dat daar net nie genoeg tyd is om alles te doen wat gedoen moet word nie.
Die waarde van hierdie gedateerde tyd van die jaar, lê vir my daarin dat ek die kans gegun word om die lorrie te stop, die enjin af te skakel en dan te doen wat absoluut noodsaaklik is:
Ek strek die arms en bedank met groot liefde almal wat my deur die jaar gedra het – almal wat ook diegene vir wie ek lief is gekoester het.

Dan strek ek my arms na Bo, sak my hoof en sluit my oë en ek Loof en Prys God in al SY Grootheid en Genade vir al SY Seëninge en al die vriende en vriendinne en mense wat my lewe om-stralekrans.

Nederig en afhanklike nietige mens wat ek is, vra ek HOM dan ook om SY arms te strek en al hierdie mense en almal wat na HOM opkyk te begenadig, beskerm en omhul sodat SY lig helder en sigbaar uit elke een van hulle sal skyn.

SY Groot Genade, Krag en Seën omhul almal alhier vergader.

Baie dankie

Willie en sy geliefdes.
2013/12/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kerstyd
Dit was nou regtig wonderlik om hierna te luister Willie. Ek hoop dat jy lekker sal rus terwyl die lorrie nou gestop het. Mag jy 'n geseënde tyd saam met al jou geliefdes hê..
5 jaar 11 maande 2 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Geweeg

    deur Manie Jackson

    Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar