Musiek & Lirieke

Bladsye:
Titel: Genoeg
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kon genoeg wees as 'n oomblik,
of as 'n droom.
'n Gedagte,
die blou van die see, by langebaan.
'n Liedjie soos Stille Nag,
'n sprokie soos Aspoestertjie.

Heilig, heilig, heilige heer,
ek kry nou so vreeslik seer.
Heilig, heilig, heilige heer,
vat my nou want ek kan nie meer.

In my hart is ek nog die kind,
wat lê en droom.
Van 'n lewe wat ek nog sal kry,
sonder al die pyn.
Ek is nog die beertjie,
wat mag speel in die Seweakkerwoud.

Heilig, heilig, heilige heer,
ek kry nou so vreeslik seer.
Heilig, heilig, heilige heer,
vat my nou want ek kan nie meer.

Nou is ek swaar van oud,
elke dag meer grys.
Seer spatare op my bene,
verganklike mens.
Die wolf in die storie dis nou ek,
Sneeuwitjie het die appel geëet.

Heilig, heilig, heilige heer,
ek kry nou so vreeslik seer.
Heilig, heilig, heilige heer,
vat my nou want ek kan nie meer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die winkende Dood

    deur neels claasen

    die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar