Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


my moeder woon in Afrika
aan die voet van die vasteland
ek gaan Sondag vir haar kuier
'n groot bos blomme in my hand

*

die Hottentotsholland-berge
lê in 'n sekel om haar huis
hier...onder die blou-blou kranse
in die vlaktes...voel sy tuis

die paadjie na haar voordeur
die ken ek jare lank reeds goed
die potplant onder die venster
en haar - "baie-welkom" - groet

daar is sonskyn op die ruite
langs die frangipani-boom
en die sagte kantgordyne
laat goue lig na binne stroom

*

ja...my moeder woon in Afrika
en die berge sekel so alom
waar die fynbos teen die hange
elk winter...welig staan en blom




C. Shaw
6 Mei 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig!!!
Carma en Willie, julle maak 'n wenspan!! :)
5 jaar 6 maande 3 weke 6 ure oud


moeder
Sommer ekstra spesiaal gelees, Willie. Baie dankie. Ek speel dit Sondag vir my ma. Ek weet sy sal dit baie waardeer...
5 jaar 6 maande 3 weke 8 ure oud


.
Jy sien Viooltjie ))hugs(( spesiaal vir jou Ma !!!
5 jaar 6 maande 3 weke 14 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar