Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek wil vir jou, my lief
‘n droomvanger vleg
met engelvlerke versier
soos direk van God gestuur

kosbare diepsee oesterpêrels
doekvoet en sag vasgeryg
deur stringe ewige liefde
vas en seker geborduur

KOOR:

vir jou vleg ek ‘n droomvanger
van die sagtste sywurm-sy
om jou van my liefde te vertel
wat hoendervleis speel op my vel

in ‘n agt-puntknoop vasgebind
dalk ook tussen in ‘n spieël of twee
sodat ons die sonstrale vas kan vang
dit iewers aan die sekelmaan hang

in elke brose spinnekopweb
die klanke hoor van engelekoor
wat donslig dans op suiwer akoorde
ons oë kan vee oor prag en broosheid

KOOR:

vir jou vleg ek ‘n droomvanger
van die sagtste sywurm-sy
om jou van my liefde te vertel
wat hoendervleis speel op my vel

© Anzé Bezuidenhout


* Toonsetting en sang is deur Marc Brunsdon gedoen

https://www.youtube.com/watch?v=ChueKivTBXA GAAN luister gerus op youtube ook



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Anze die Droomvanger
Pragtige Lirieke en Melodie. Geluk Anze
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


Droomvanger
Die woorde en wysie vorm 'n pragtige geheel. Uitstekend!!!!
5 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Ano
droomvanger
Jig, ek is nou verlore.
5 jaar 10 maande 5 dae 9 ure oud


***
Ek seg ook soos Karmenaadjie. Die woorde, die sanger, die kitaar en die wysie werk goed saam.

Sien uit na nog.
5 jaar 10 maande 2 weke 9 ure oud


Droomvanger
Wow! ek is veral mal oor die koor! Dit bly mens by!
Pragtig julle twee!
5 jaar 10 maande 2 weke 20 ure oud


droomvanger
waow jy het rede om te spog Anze
5 jaar 10 maande 2 weke 23 ure oud


Dit smaak so meer
Hy mag maar, ek het dit baie geniet
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag oud


Vanger
sjoe, ja, dit klink nogal baie mooi :-)
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Marc  Brunsdon
Marc Brunsdon
Droomvanger
Baie dankie vir die mooi woorde almal. Ek en Anze gaan nog n ver pad saam loop.
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


droomvanger
Voorwaar een van jou dtome wat bewaarheid word. Staande applous aan jou en die sanger wat die pragstuk laat lewe.
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Hoendervleisvanger
Magtig - dis hoendervleis mooi.
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


Vleg
Ahhh, dis so pragtig!!! Ek laaik die een net so baie soos hy!
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Droom
Waauw!

Die sanger gee engelvlerke aan jou gedig ~ of is dit andersom?
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Droomvanger
Ongelooflik mooi.
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


droom vanger
kan jy my asb in kontak met hom kry
Ek het twee pogings wat ek graag sal wil he hy moet na kyk
Sal jy my mail asb
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Droomvanger
"in ‘n agt-puntknoop vasgebind
dalk ook tussen in ‘n spieël of twee"

Ek is mal hieroor. Dis nou 'n egte Afrikaanse liefdes lied.
Marc Brundson klink so tussen Theuns Jordaan en Kenny Rodgers.

As hierdie lied eendag op 'n verhoog gesing word, sal dit 'n
"standing ovation" van my ontvang.
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


droomvanger
Ai man, dit is werklik BAIE mooi!
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


droomvanger
Soos ek voorheen gesê het, jy is 'n meester as dit kom by liefdes gedigte
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar