Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(i)
Hoe my ding, hoe kan ek sing
hakuna matata?
As tussen ons, so pynlik, ja,
afgekleim, smeul haar geheim:-
En as jou oë oor die bossieveld gaan
dan loop jou siel al agter haar aan,
dan het jou hart sy verborge pad
weer alleen, sonder my gevat.

(ii)
Hoe my ding, hoe kan ek sing
Hakuna Matata?
as tussen ons so pynlik ja,
afgekleim smeul haar geheim:-
want as sy snags weer tussen ons lê
weier jou hart om my, en nie haar lief te hê,
dan vra ek o, Heer, hoe lank moet ek bid
vir 'n wonderwerk, om jou te besit?

Koor:
Hakuna, hakuna matata
sy is dood, maar ek lewe, ja,
die berghaan het sy veer verloor,
maar dis haar gedig en haar paddakoor;
Hakuna, hakuna matata
sy is dood, maar ek lewe, ja,
haar Perrebos en haar Botterblom,
en haar volmaan wat tot wasdom kom.

(iii)
Hoe my ding, hoe kan ek sing
hakuna matata?
as tussen ons, so pynlik, ja,
afgekleim smeul haar geheim:-
'n bossie rooi rose vir haar Sondag-graf
so gewyd, smoor die hond se blaf
met my koffer groet ek dan maar
Hakuna matata,
stuur groete vir haar!
 

© Elizabeth Greef - 03/02/2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
My ma sê altyd sy glo dit is die moeilikste om met 'n "dooie" te kompiteer.

Ek hou hiervan.
5 jaar 5 dae 13 ure oud


Matata
Ai jinnetjie toggie ek pak sommer my tassie'kie ook!
Dis nou wragtag pragtag!!!!
5 jaar 2 weke 2 dae 11 ure oud


Hakuna
wow dis pragtig... mens hoor die woorde in jou kop sing soos jy lees!!
5 jaar 2 weke 2 dae 17 ure oud


Hakuna
Dis 'n prag lied hierdie Elizabeth, is dit een van die wat jy ingeskryf het vir die liedjiekompetisie?
5 jaar 2 weke 2 dae 19 ure oud


hukuna
mensig maar jy het pragtige talent.
5 jaar 2 weke 2 dae 20 ure oud


matata
waow klap klap klap staande toejuiging vir jou
5 jaar 2 weke 2 dae 23 ure oud


Hakuna . . .
Waauw, ek wens ek kon die musiek hoor!
5 jaar 2 weke 2 dae 23 ure oud


matata
Baie goed, Karmenaadjie. Dit kan beslis gesing word :-)
5 jaar 2 weke 3 dae 4 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar