Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Vers 1)
Jy's oor my pad gestuur
Al die redes in jou oë
Om jou lief te hê
En my jare met jou te deel

Ek is gemaak vir jou
Ons is vir mekaar bedoel
Met belofte en seën
Staan ek en jy in die reën

(Koor)
Ons is soos vier seisoene
'n Winter sonder reën
Soos jou songs en jou woorde
So speel dit in my drome

'n Woestyn sonder droogte
'n Rivier sonder end
Soos n kitaar sonder snare
Dis ek en jy soos vier seisoene

(Vers 2)
Ek is vuurwarm
En jy is bitter koud
Soos Venus van Mars
Verskil ons soos hemel en aarde

Sneeu op n somersdag
En branders wat glad nie breek
Het jy my hart kom steel
Vanaand wil ek langs jou wees

(Koor)
Ons is soos vier seisoene
'n Winter sonder reën
Soos jou songs en jou woorde
So speel dit in my drome

'n Woestyn sonder droogte
'n Rivier sonder end
Soos n kitaar sonder snare
Dis ek en jy soos vier seisoene

Soos n kitaar sonder snare
Dis ek en jy soos vier seisoene

© Trevor Terblanche



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

4 Seisoene
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Woestyn projek
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


Vier Seisoene
Genotvol gewees om hierdie enetjie onder oog te kon kry!
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


vier seisoene
ai maar dis pragtig
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


4 Seisoene
Baie dankie vbir jou pragtige bydrae tot die Seisoene projek
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 13 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar