Musiek & Lirieke

Titel: Naby jou
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(VERS 1)
Soms stuur die lewe jou op paaie
Net hemel ken die kronkel draaie
En die verlange wat jy agter laat
Ek wens ons kon praat

Saam 'n toekoms mooi beplan
Terwyl ons drome ons ver vooruit gaan
Sonder wete wat more bring
Oh, ek wens ons kon praat

(KOOR)
Naby jou, naby jou
Dis soos hemel hier op Aarde
Dis die verlange in die aand

Naby jou, naby jou
Terwyl jy moes gaan
Ek kon dit nie verstaan
In jou spore sal ek bly staan

(VERS 2)
In die donker skryf ek steeds jou naam
Met die sterre vorm ek n hart
Oh, ek mis jou hier vanaand
Ek wens ons kon praat

As die nag more vir ons bring
Sou ek weet niks is dalk finaal
Wat's die lewe sonder genade
Oh, ek wens ons kon praat

(KOOR)
Naby jou, naby jou
Dis soos hemel hier op Aarde
Dis die verlange in die aand

Naby jou, naby jou
Terwyl jy moes gaan
Ek kon dit nie verstaan
In jou spore sal ek bly staan

(VERS 3)
Al rol die stof ons paaie toe
Sal ek jou nooit kan verlaat nie
In die donker skryf ek jou naam
In die sterre vorm ek n hart

(KOOR)
Naby jou, naby jou
Dis soos hemel hier op Aarde
Dis die verlange in die aand

Naby jou, naby jou
Terwyl jy moes gaan
Ek kon dit nie verstaan
In jou spore sal ek bly staan

(EINDE)
Terwyl jy moes gaan
Ek kon dit nie verstaan
In jou spore sal ek bly staan

Terwyl jy moes gaan
Ek kon dit nie verstaan
In jou spore sal ek bly staan

© Trevor Terblanche



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

naby jou
sjoe jy kan maar met woorde toor hoor! Dis n pragtige verlange lied
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 12 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar