Musiek & Lirieke

Titel: Klavier
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vers 1:
Valse note vloei uit jou klavier
Doodste stilte is skielik hier
Die hartseer le tussen klavers
En die ritme vertel die waarheid

Soos die huil my naam uitroep
Weet ek dis jou siel wat soek
As jou stem die waarheid opbring
En sing oor wat jy more wil vind

Koor:
Valse note verstaan ek nie
Soos die klank wat vloei
Uit jou klavier

Halwe sinne verstaan ek nie
Soos jy stil word as trane rol
En jy nie langer kan sing nie
Elke keer as jy ons in 'n lied se storie sien

Vers 2:
Wanneer elke woord van jou
Uit jou klavier noot kan hou
Sal ek weet jy't liefde gevind
En dat jy onsd bring tot punt

Op noot sal jy weer speel
Uit seer beter lesse leer
More sal gister beter maak
En jou klavier uit stilte waak

Koor:
Valse note verstaan ek nie
Soos die klank wat vloei
Uit jou klavier

Halwe sinne verstaan ek nie
Soos jy stil word as trane rol
En jy nie langer kan sing nie
Elke keer as jy ons in 'n lied se storie sien

Vers 3:
Jy sal elke uur
Ons twee se storie
In note weer vind
As jy oor ons sing
En speel op jou klavier

Koor:
Valse note verstaan ek nie
Soos die klank wat vloei
Uit jou klavier

Halwe sinne verstaan ek nie
Soos jy stil word as trane rol
En jy nie langer kan sing nie
Elke keer as jy ons in 'n lied se storie sien

En jy nie langer kan sing nie
Elke keer as jy ons in 'n lied se storie sien
Voor jou klavier

© Trevor Terblanche



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar