Musiek & Lirieke

Titel: Lewenslied
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Enkelnote
vals akkoorde...
Gebreekte snaar op my kitaar
Sonder jou het my lied nie woorde;
sonder jou is ek onklaar

Hier's my hand -
ek wil met jou dans.
Hier's my hart -
kom ons vat 'n kans!

Jy's die ritme in my melodie
Jou menswees is my harmonie
Jy's die noot in my akkoorde,
die passie in my woorde
en saam skryf ons ons lewenslied;
My lief ons dans ons lewenslied.

Dubbelnote
volmaakte akkoorde...
Jy's die snaar op my kitaar
Jy's die diepte in my lied se woorde
Jou glimlag maak my lewenslied klaar

Jy neem my hand
en ons begin dans
Jy het my hart -
Hierdie is ons eerste kans!

Jy's die ritme in my melodie
Jou menswees is my harmonie
Jy's die noot in my akkoorde,
die passie in my woorde
en saam skryf ons ons lewenslied;
My lief ons dans ons lewenslied.

My lief ons skryf ons lewenslied
My lief ons dans ons lewenslied.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar