Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die liefde erosie lê
in jou handpalms geweef
jou menswees, jou hart, jou alles
het jy aan die kroon
van jou lendene gegee

deur jou omgee dade
het jy daagliks
minnebriewe in ons harte
met lus geverf
ons lewenspaaie
solied in marmer gebeitel

met gekromde,
deurgewerkte hande- beitels
deur ons groenhout grein getrek
om so meesterstukke
met lus te skep

jou na-kroos
met oesterhande omskulp
padkaarte met kinderlag
in hul onthou getrek
waar jy snelweë
met gebede sou bou

weerkaatsend
lê jou handewerk
vandag op die lewensdam
van jou nakomelinge -
in die rimpels van jou menswees
vasgevang

tog onthou ek ook
met ‘n stom-toetrek keel
toe die afskeidstraan
oor jou wang strepe trek
en
jy stil ou asem gee as groet,
jou hande nou stil

jou kosmos genade
blom nou in die Hemeltuin
waar ek steeds in drome
jou erosie liefde voel
jou innerlike krag
my hande neem
en verder lei

Dit is die liefde –
van ‘n Ma se hande
Dit -
duur van nou
Tot in Ewigheid

© Anzè Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hande van ‘n Ma se liefde
baie dankie vir hierdie pragtige voorlesing Willie
4 jaar 5 maande 5 dae 23 ure oud


hande
Knap gedaan julle tweetjies.
4 jaar 5 maande 6 dae 3 ure oud


ma se hande
Sjoe julle twee Dis pragtig baie pragtig.
4 jaar 5 maande 6 dae 5 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar