Musiek & Lirieke

Titel: Wees Vry
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Vers 1)
Ek onthou toe ek vir jou gevra het.
Op my knieë in gebed voor die Vader.
Skielik sien ek liefde oor my heers.
In my kind sien ek 'n engel van bo.

Weet jy hoeveel trots hierdie ma dra?
Jy is soveel meer as wat ek gevra het.
Vol sand, klein sien ek jou buite speel
Maak enige moeder se siel weer heel.

Ek sien genade in my kind se speel


(Koor)
Vandag in gebed voor die Here
Dankie vir hierdie kind in my lewe
Bonnel liefde reguit van bo aan my
Sprei jou vlerke, my kind wees vry

Op my knieë wil ek kom dankie sê.
'n Engel kind om so liefte kan hê,
Vergeet gister se draaie en gebeure
Alles het n einde, vertrou op die Here

Sprei jou vlerke, kind wees vry.


(Vers 2)
Jou geken voor jou eerste asem kind
Elke kruispad se rigting sal jy vind
As jy verdwaal, vind die weg in gebed
En as die trane rol, onthou engele sing

Weet jy hoeveel trots hierdie ma dra?
Jy is soveel meer as wat ek gevra het.
Vol sand, klein sien ek jou buite speel
Maak enige moeder se siel weer heel.

Ek sien genade in my kind se speel


(Koor)
Vandag in gebed voor die Here
Dankie vir hierdie kind in my lewe
Bonnel liefde reguit van bo aan my
Sprei jou vlerke, my kind wees vry

Op my knieë wil ek kom dankie sê.
'n Engel kind om so liefte kan hê,
Vergeet gister se draaie en gebeure
Alles het n einde, vertrou op die Here

Sprei jou vlerke, kind wees vry.



Alles het n einde, vertrou op die Here
Sprei jou vlerke, kind wees vry
Doen dit vir my


(Koor)
Vandag in gebed voor die Here
Dankie vir hierdie kind in my lewe
Bonnel liefde reguit van bo aan my
Sprei jou vlerke, my kind wees vry

Op my knieë wil ek kom dankie sê.
'n Engel kind om so liefte kan hê,
Vergeet gister se draaie en Kruispaaie
Alles het n einde, vertrou op die Here

Sprei jou vlerke, kind wees vry
Sprei jou vlerke, kind wees vry



Wees Vry
2015 © T.Terblanche/Reverpo Records



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wees vry
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 3 maande 1 week 21 ure oud


vry
Prag liriek opgedra aan 'n kind. Skitterwerk.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 2 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar