Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Gabba,
is nie die donder;
my Gabba,
is nie die see;
my Gabba,
is nie die wonder;
van uitspansels weë-

My Gabba,
is nie 'n hiel;
my Gabba,
is 'n pel;
my Gabba's asiel,
deur vuur en deur hel-

As my Gabba
my abba,
oor klippe
en dorings,
oor slange
met horings,
ploeg sy spoor
in veld uitspruit,
'n drieskaarvoor
waar bokmakieries fluit

My Gabba,
abba-abba my
totdat die visse
pouvere kry;
my Gabba
abba-abba my
by al sewe natuur-
wonders verby!



Kopiereg © Elizabeth Greef
14/03/2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gabba
so uitsonderlik pragtig!! die woorde sing...
5 jaar 11 maande 5 dae 20 ure oud


***
Sou graag dit wou hoor sing. Goed gedoen.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Gabba
Indien jy goed is, is jy goed
Lekker vernuwend en uit die kas
digkuns
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 18 ure oud



Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar