Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Afrikaans is in sy graf doem wie?
Afrikaans die kook weet jy nie?
Afrikaans borrel, borrel, borrel, borrel oor.
Afrikaans is woorde wat wereldwyd bekoor.


Refrein:

Nee-ee-ee-ee, nie Engels nie, nie Zoeloe nie, nie Duits nie, nie Frans of Spaans.
Hoor hoe mooi praat ek met jou Afrikaans.
Op my tong is die woorde soet.
As ek bid, leer, werk, sing en groet.
As ek raas, kuier eet en vry.
Geen dwingelandy gaan my taal onder kry!


Met boemelaars treurmare ek saam.
Voor konings kry ek nie skaam.
My taal triomfeer, triomfeer, triomfeer in guns.
Wetenskap, ekonomie, teologie en kuns!

Nuwe wette spel alweer taalmoord.
Maar Afrikaans het die laaste woord.
Watter debat, vraagstuk of terminologie.
Afrikaans gee nie kop, staan nie agteruit nie!

Liedjieskrywers jul verag my taal.
Deurspek met Engels, hoe banaal?
Sing Afrikaans suiwer, oorspronklik en kreatief.
Maak my trots, dan kry ek jou onuitspreeklik lief.

In Afrikaans is ek gebore.
My woordeskat gaan nooit verlore.
In Afrikaans is ek gesoog, gespeen, gaan ek ook sterf.
'n Godgegewe seening van my ma geerf.













 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar