Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 100
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Jan 2016
Vir al my Woes vriende/vriendinne
Kom kry jou sit langs my bosveldvuur se vlamdans;
luister hoe die rooibospit- en hardekoolstompe knetter
en kyk hoe die vonkespel die aand betower.
Kry 'n rooie in die hand en laat jou gedagtes gaan ...
na die tye van lief en leed wat ons op Woes kon deel
– en laat die heimwee maar bietjie oor jou hart spoel –
want dit was goeie tye.
Kry maar 'n snesie gereed as ek vir oulaas
'n afskeidskeurspel op my mondfluitjie speel.
Ja, soos die liedjie sê: Ek sal jul nooit, nee nooit, vergeet...
Mooi loop
Vic
9 Januarie 2016
Lees ander lirieke deur Vic Viviers
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek