Geen kans vir verwyte,
geen kans om te kan dwaal,
geen agteruitgang in die geliefde se oë...
Immer gepreserveer in die verlede se geheue,
die goeie wat was,
die foutlose maat,
vasgegiet in monumente van graniet;
dis net ons wat later kom,
wat feilbaar is.
Ons wat die dooies se spore moet voltrap,
ons met die voete van klei...
Lees ander lirieke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die liriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie liriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..