Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende








 Wanneer die aandster blom
die maan lui orent kom
dan jubel my ou hart
soos die van ’n jong nooi

ek wil in my hoepelrok
met die maanstrale flankeer
by die sterre gaan blomme pluk
in my hare vleg soos ’n borduurstuk

en ek klim op my perd
my blink vosperd . . .
tot daar waar die maangodin
vir my stout knipoog

ek lag oopmond vir haar
as die wind onder my rok inwaai
en wolke se vreugde druppels
sag op my skouers baljaar

terwyl ek
op my tone
rondomtalie
draai.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

as die aanster blom
Baie dankie oom Willie, ai die musiek en die voorlees is puik, soos altyd. Baie baie dankie, xxx.
4 jaar 5 maande 4 weke 5 ure oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar