Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek't in jou geglo soos 'n kind
maar liefde, se hulle is blind
Die eerste kleine kraak
as werkstres afgemaak,
Na die tweede groot bars
het jy by die deur uitgebars
Ek wou nog soebat by die hek
Toe jy met ons Volksie wegtrek


Refrein:

Bokka, voor watter deur
staan ons Volksie vanaand parkeer?
Sit sy op die passasiers sitplek
as die drywer haar in sy arms trek?
Bokka, watter CD speel jy vir haar
as jy so diep in haar oe staar?
Bokka in watter vreemde straat
staan ons "true-love" nommerplaat?



Die huis vanaand so leeg en stil
drink ek maar weer 'n slaappil
Ek mis jou stem se klank
langs my op die rusbank
Elke dag kwyn grouer
elke nag pyn eensaam kouer
Niemand om my styf vas te hou
net 'n spook wat my bly uitjou!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bokka
Behoort dit te toonset. baie goed
7 jaar 2 weke 6 dae 14 ure oud


Mooi liriek
"Bokka, voor watter deur
staan ons Volksie vanaand parkeer?
Sit sy op die passasiers sitplek
as die drywer haar in sy arms trek?
Bokka, watter CD speel jy vir haar
as jy so diep in haar oe staar?
Bokka in watter vreemde straat
staan ons "true-love" nommerplaat?"
...ai, hoekom straf ons onsself deur aan te hou wonder as dinge verby is :-)
7 jaar 3 weke 17 ure oud


Bokka
So 'n stoute spook. Knap gedaan.
7 jaar 3 weke 20 ure oud



Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar