Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As 'n vraende klein seuntjie
Op my Mamma se sagte skoot
Soebat ek, vertel seblief tog weer
van die liefde so kosbaar en groot
Dan se sy Boeta, jou asempie
blaas warmsoet liefde na my
En al sal alles hier vergaan
sal die liefde vir altyd bly


Refrein:

Want die liefde is soeter as heuning
Die liefde is sterker as 'n leeu
Dit is luider as die klankgrens se dreuning
En vaster as die vlug van die seemeeu



Boeta, die galaxy is te klein
om die liefde se volheid te meet
Die liefde is so waar en vry en rein
soos die hemele se reenboogskleed
Dan streel sy my koppie teen haar bors
Niks kan die liefde se lig uitdoof
en Boeta, is jy honger en swak en dors
red die liefde jou, nes die Here beloof


Jare het gekom en gegaan
Nou sit my doggie op my skoot
en soebat Pappa, vertel tog weer
van die liefde so kosbaar en groot
En ek se Sussa jou asempie
blaas warmsoet liefde na my
En al sal alles hier vergaan
sal die liefde vir altyd bly



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

klankgrens
Dit sal die mooiste mooiste liedjie maak!
7 jaar 1 maand 4 weke 7 ure oud


Klankgrens
Mooi woorde hoor -- bring die melodie.
7 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 17 ure oud


Luider
Baie mooi Karmenaadjie.
7 jaar 2 maande 3 dae 4 ure oud


Ja
So is dit. Goed verwoord.
7 jaar 2 maande 3 dae 4 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar