Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(i)
Ek vra toe 'n langhaar bok
Nog mooier as die goud en groen
Om te sien of die Loftus-hok
Ook groot dinge vir haar kan doen
Sy spring op en af en fluit
En ek aai die spiertjie in haar kuit
Toe net daar op die pawiljoen
het sy my geluk gedruk en soen
Ek se jou daai drie was klassiek
Maar daai paar bene, is manjifiek


REFREIN:

Daai drie, daai drie
daai drietjie
Niemand mooier as my Bokkatjie nie
Daai drie, daai drie, daai drietjie
In haar groen trui en minitjie
Boe! daai drie, daai drie
Ons is, ons is, weet julle wie?
Reg onder die pale gedruk
soen sy my van geluk
Oe, daai drie en daai date
Die liefde het my hard gebyt



(ii)
Rooinek-roos wat se jy nou?
Waar jy jou wonde lek, herkou
Oor braaivleis en 'n koue bier
gaan ons daai drietjie deurnag vier
Vyftien bokke soos een held
Net groen en goud oor heel die veld
Belowe Bokka, het jou meer lief
as my groen en goud se segebrief
Vandag daar op die pawiljoen
het jou kuite dit vir my gedoen


(iii)
Maori's, jul keel afsny
kan bokke nooit nie nekaf kry
Ons druk hulle so drie by drie
Niemand mors met springbokkie nie
Oempa, oempa, boerebrou
Witblits bang g'n niemand nie, my ou
Onderstebo, mampoer se skop
Jive Maori sy heel laaste bop
Loop plant jou varing in die sop
Dalk kom daar, ha-ha-ha boo-boo-boo
'n hoender op



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daai drie
Knap gedaan Karmenaadjie.
6 jaar 9 maande 4 dae 4 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar