Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


die lenteson kruip weg, my kind
die wind waai koud, ek weet
die wolke lyk na reën, my kind
maar laat ons nooit vergeet:

die witste lelies kelk deur modder
die hardste klip slyp tot diamant
en die mooiste, mooiste sterre
lê tussen ruwe rotse op die sand

*

mag jy woon in kamers
vol musiek en son
waar jou vingers 'riptide' oor die klawers
wyl jou parfuum
vir altyd geur in blom

mag jou hare altyd eb en vloed
en so kartel heen en terug
só brander oor jou skouers
so skroomloos stroom
oor jou jongvrou bors
en so bréék
oor die kurwes van jou rug

mag jou lied die leemtes vul
die donker gange van jou huis
mag jy leef met liefd' en passie
en mag jy sing soos 'n mossie
soos Edith ~
van Parys

*

die lenteson kruip weg, my kind
die wind waai koud, ek weet
die wolke lyk na reën, my kind
maar teen môre
het ons dit lankal reeds vergeet






C. Shaw
1 September 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mossie
Baie, baie dankie, Willie. Ek waardeer dit baie. Natalia sê ook dankie en dis baie mooi :-)Sy is baie bly oor die musiek wat jy gebruik het. Dit is een van haar gunsteling liedjies!
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


Daar was 'n mossie in Parys
Natalia

Hierdie een was vir my spesiaal

Jy IS Spesiaal

Thanks Nooientjie
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 7 ure oud



Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar