Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


soveel pypies karteer jou lyfie
vergeefse steriele tentakels na hartmonitor
flikker rooi-ogig as moegsterf van bloeddruk en hartklop
jou ogies en lang sny oor hartjie toegeplak
dat ek nooit in jou blik kon kyk
nie sien die snymerk op jou borsie van ope hartchirurgie
net sestien uurtjies oud
hortend jou asemsnak deur dors droë roosknopmondjie
vier daggies op die aarde

na jou teruggee aan die aarde
stu my melk in oorvloed –

te laat

©Ita



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sjoe
sjoe, Ita en Willie, met 'n traan in die oog,
dit is fantasties, die vers die voordra en daai musiek soos engele-ontvangs!
Puik!!!!
5 jaar 11 maande 5 dae 10 ure oud


Ita
deernis
ai Wolf hoe sê ek dankie! Die hoendervleis!!!! Baie dankie vir die empatie in jou stem en prag musiek
5 jaar 11 maande 5 dae 15 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar