Musiek & Lirieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Maak jou rug styf
Skenk jou bloed en jou lyf
Vat elke stamp en stoot
Julle is my soort

Jou bloed is my bloed
Jou skeet is my skeet
Gaffel met jou horing
Want jy is ‘n doring

Jul is ‘n span vir miljoene
Wys ons wat jul kan doen nou
Julle jol vir die hele Suid Afrika
En spesiaal vir ons geliefde Madiba

Die Booook, bok, bok, bokke rol
Die Booook, bok, bok, bokke tol
Hulle wil net jol
Die hele veld vol

Swart, bruin en wit
Ons reenboognasie is in ons skik
Speel vir my, my pa, ma, boeta en sus
Speel vir almal vanaf die Limpopo tot by die kus

Kom ons doen die Bok-rinkink
Sodat ons ‘n doppie kan drink
Tjoef, tjaf down ons ‘n groene
Daar gaat hy op al ons miljoene

Tackle here, tackle there
Give them all the scare
Kick the goals
Through the poles

Die Booook, bok, bok, bokke rol
Die Booook, bok, bok, bokke tol
Hulle wil net jol
Die hele veld vol

Die tande kners
En kneukels is pers
Maar deur hierdie ene sal ons ook kom
En die wereld weer verstom

Die Bokke speel die veld vol
Die oorwinningstrane rol
Lig jou hoed
Die oorwinning is soet

Point to the sky
Cause the boks are flying high
We did it again!
Sorry, opponents, ag shame

Die Booook, bok, bok, bokke rol
Die Booook, bok, bok, bokke tol
Hulle wil net jol
Die hele veld vol

Die Booook, bok, bok, bokke rol
Die Booook, bok, bok, bokke tol
Hulle wil net jol
Die hele veld vol



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar