Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Miskien is dit gepas dat ek hierdie bydrae op Erfenisdag plaas en ek wil dit graag opdra aan almal wat die bosveld in hulle harte ronddra, dié wat daar grootgeword het of vakansies by hulle grootouers of familie deurgebring het.

Diegene wat in die sanderige deel van die bosveld grootgeword het, sal weet van die ‘beesmis tussen tone’ om die warm sand op 'n somersdag kaalvoet te trotseer.

Lekker luister.

***

Net vir agtergrond:

Ek het onlangs hierdie gedig geplaas en Sneeuwolf het my dadelik gekontak met die idee om dit 'n musiekbaadjie aan te trek. Dit het my so geïnspireer dat ek die gedig aangepas het en met dié wysie, wat spontaan op my mondfluitjie geskep is, hierdie opname gemaak het. Ek sê BAIE dankie vir Sneeuwolf!

Die opname is op my skootrekenaar [mondfluit] en selfoon [sang] met behulp van sagteware – wat ek eers moes aanleer – gemaak. Glo my, as 'n eerste poging het dit nogal heelwat sweet gekos!

***

in die bosveld van my hart ...
[Lied]

in die bosveld van my hart
trap ek 'n kaalvoet spoor
met beesmis tussen tone
om die hitte weg te toor

loop ek tussen bos en boom
in kleintyd wandelgang
met rooibos en tambotie
waarna ek nog steeds verlang

eet ek weer maroelas soet
wat oral rypgeel lê
en suurpruime en mispels
net soveel as jy wil hê

hoor ek weer die klokke lui
as beeste huis toe kom
waar mielielande groen lê
in die agtermiddagson...

***

in die bosveld van my hart
trap ek 'n kaalvoet spoor
met beesmis tussen tone
om my heimwee weg te toor

©2012 Vic Viviers
September 2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bosveld bo!
Ek voel so bly en trots om te kan sê: ek is tog familie van jou! Hoe sou my Pa nie die mooie lied geniet het nie....nou loop die trane sommer ongehinderd. Dis pragtig Vic, geluk aan jou en Sneeuwolf! (en tussen hakies: dié Bosveldliefde is groot in my hart ook!)
7 jaar 2 weke 4 dae 21 ure oud


Bosveldlied
'n nattigheid in die oog beteken dit kom diep uit die hart uit!Iemand wat die Bosveld ken sal verstaan. Daar is geen ander plek waar 'n bekfluitjie, saamsing en 'n doringhoutbraaitjie op 'n loom Bosveldaand so bymekaar pas en so'n blywende indruk kan maak nie. Maak nie saak of jy melktand of valstand is nie, die verlange is vir altyd daar!
7 jaar 2 weke 6 dae 20 ure oud


Bosveldlied
Het nou net geluister Vic. Wie wil Dan nou nie om 'n bosveldvuur sit en saamsing nie? Daar is seker niks wat die hartsnare so roer soos 'n bekfluitjie nie.
7 jaar 2 weke 6 dae 21 ure oud


Ita
stem
en baie dankie vir die diepte wat die oupa-stem (hehe) ook hieraan verleen,mooi gesing!Outentiek en eg
7 jaar 2 weke 6 dae 23 ure oud


Ita
Bosveld
Hier in 'n skat van woordkuns so ryk!!En die bekfluitjie verwoord jou verlange met sy nostalgiese tone pragtig!!
7 jaar 2 weke 6 dae 23 ure oud


Bosveldlied
Wonderlik!

O daardie heimwee! Ek ruik daardie bosveldvuur en die vleisie en ek verlang na vroeër dae.

Pragtig eg.
7 jaar 3 weke 2 ure oud


Waagmoed
Ek stem. . . Staande applous en "hoor, hoor!" Dit wys jou net wat gedoen kan word. Al die gesweet die moeite werd.

Hoog tyd dat digter en liriekskrywer, musiekant en sanger 'n woestelike verhoog kry, of wat praat ek alles?
7 jaar 3 weke 5 ure oud


Bosveldlied
Ai hoe laat jy my terugverlang na dae wat weer kon gewees het.
7 jaar 3 weke 7 ure oud


Staande Applous!!!!
Encore!!! Ag nee man, nou is ek verby opgewonde! Verruklik! Jy het sopas die grense van Woes verbreed en dankie aan jou en Sneeuwolf. Julle is albei ware pioniers. :D
7 jaar 3 weke 7 ure oud


Bosveld lied
Hierdie is in meer as een opsig 'n baanbrekers bydrae wat onmiddellik WOES enig en sy soort maak.
En ook sy bydraers behoort te motiveer dat Woes nie grense het nie.
Vic, jou klein kinders sal hierdie die meeste waardeer bo en behalwe dat jy by die anale ingevoeg is.

Dit behoort ook vir jou krag te gee om die ou dem Demone te beveg.
Baie dankie.
7 jaar 3 weke 7 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar