Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer die klok vannag om twaalfuur slaan, is die ou jaar verby en betree ons die onbekende van ‘n splinternuwe jaar – vol hoop op goeie gesondheid, voorspoed, geluk, vreugde en vrede; asook 'n nuwe geleentheid om ons drome en ideale te verwesenlik.

☼ Mag 2015 vir jou 'n skittermooi jaar wees!

Terwyl ons terugdink aan die lief en leed van vergange tye, kom ons vat hande en sing saam terwyl ek die mondfluit speel.

Die goeie oue tyd

Sal vriende ooit mekaar vergeet, al moet ons nou weer skei,
verbind deur al die lief en leed in tye lank verby?

[REFREIN]
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?

As kinders het ons saam gespeel, so vrolik en so bly,
en ver geswerf, dit was ons deel in tye lank verby.

[REFREIN]

Nou, hier's my hand, getroue vriend, gee ook jou hand aan my,
dat ons vandag weer saam kan dink aan tye lank verby.

[REFREIN]



Nuwejaarsgroete

Vic



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oue tyd
Ek is amper 'n week te laat, maar hierdie was voorwaar baie spesiaal! Vir jou Vic wens ek God se wil, niks meer en niks minder nie! Kom ons leef uur vir uur en voluit!
5 jaar 3 weke 1 dag 18 ure oud


Goeie tye
Mag 2015 vir jou groot vreugde en gesondheid bring. Dankie vir die mooi, nostalgiese trekklavierspel.
5 jaar 3 weke 4 dae oud


goeie tye
Dankie vir die deel en mag julle ook slegs voorspoed, geluk en vrede vind in 2015
5 jaar 3 weke 5 dae 3 ure oud


goeie tye
baie dankie vir hierdie pragtige musiek Vic.. mooi en ALTYD geseende 2015 vir julle
5 jaar 3 weke 6 dae 15 ure oud


Goeie tyd
Dankie oom Vic. Net die mooiste en beste uit Sy hand vir jou in 2015.
5 jaar 3 weke 6 dae 23 ure oud


Ano
Goeie tyd
'n Pragtige jaar ook vir julle toegewens :-D
5 jaar 4 weke 5 ure oud


nuwe jaar
Baie dankie Vic. Mag jy ook n mooi en geseende jaar hê
5 jaar 4 weke 8 ure oud


Dankie!
Dis pragtig ~ en dieselfde goeie wense vir julle ook vir 2015!
5 jaar 4 weke 11 ure oud


WB
Die goeie oue tyd, my vriend ...
Goeie wense vir jou ook,ek luister lekker!!
5 jaar 4 weke 12 ure oud


die weervoorspelling
wens ek kon elke aand na jou luister.
5 jaar 4 weke 13 ure oud


Die goeie oue tyd
Mater,
Vat dit van my af:
Ek weet sommer ons gaan 2015 een Woestelike Jaar maak!

Alles is uiteindelik wat die mens self daarvan maak buite mense beheer, hanteer ons soos dit kom.

Vasvat en staan styf . . .

OOK

Aan almal wat deel van ons saamwees uitmaak.
5 jaar 4 weke 14 ure oud


***
Ai, Vic...nou is ek op 'n plek waar ek nie kan luister nie. Maar ek wil net vir jou en almal 'n wonderlike 2015 toewens :-))
5 jaar 4 weke 14 ure oud


Die goeie oue tyd, my vriend ...

Laat is nooit te laat as mens verskoning vra nie en ek is jammer-gelukkig dat ek hierdie werkie van jou amper mis-gelees en mis-gehoor het!
Dankie Vic vir die teruggryp!
6 jaar 3 dae 8 ure oud


Dankiesê
Ek sê dankie vir almal wat geluister het en vir die goeie wense!

Mooi tye!
6 jaar 4 weke 1 uur oud


die weervoorspelling
love die 'outydse-inslag' van jou musiek...
laat n rolprent voor mens se oe af speel.
Jy kry dit reg om soveel,so eenvoudig te se.
n Man van min woorde..waarna n mens kan luister.

WAARom het jy nie gesing nie!
6 jaar 4 weke 15 ure oud


Ano
2014
So pragtig - jy mag maar Vic! Goeie wense ook vir jou en jou gesin.
6 jaar 4 weke 19 ure oud


goeie tyd
so pratig .. vol heimwee so op die oujaar.. dankie vir die mooi deel Vic mag 2014 sommer oopbek lag met net mooi dinge vir jou
6 jaar 4 weke 1 dag 13 ure oud


Goeie ou Tyd
So spesiaal, en met 'n tikkie heimwee groet ons die ou jaar.

'n Super 2014 ook vir jou en jou geliefdes VV, 'n gawe voorreg om jou hier, so saam met die ander, tussen die bekfluit deur, te leer ken.

Die goeie oue, maar hoopvol ook, die goeie nuwe tyd!
6 jaar 4 weke 1 dag 13 ure oud


--
Encore! Sjoe Vic, dis mooi. Dankie vir jou besonderse bydrae, jou seënwense en vir die voorreg om met jou maats te kan wees. Mag 2014 die aller`beste jaar ooit wees vir jou en jou dierbares. (Hugs)
6 jaar 4 weke 1 dag 15 ure oud


Nuwejaarswense
Dankie vir jou mooi wense so tussen die pragtige mondfluitjie klanke deur Vic. En ook alles wat mooi is vir jou vir die nuwe jaar.
6 jaar 4 weke 1 dag 16 ure oud


Bygewerk
Ek het die bydrae so bietjie bygewerk vir die nuwe jaar...
6 jaar 4 weke 1 dag 18 ure oud


Ai
Hoe verlang ek nou na my oupa
6 jaar 8 maande oud


Wow...pragtig
Die "verlate" klank van die mondfluitjie klink so "hauntingly beautiful". Baie mooi!
7 jaar 4 dae 10 ure oud


Hartsnare
Hierdie lied se wysie en woorde het nog altyd my hartsnare geraak! Dankie vir hierdie juweeltjie, Vic! Ek bêre dit by my Gunstelinge.
7 jaar 2 weke 6 dae 8 ure oud


Goeie oue tyd
ahhh Vic my goeie vriend.....goed gedoen...die verlede mooi in die hier en die nou geplaas....pragtige Nuwe jaar vir jou
7 jaar 3 weke 4 dae 3 ure oud


My Vriend
Laat maar nie kwaad. Jou wense val sag op my hart. Dankie vir al jou juweeltjies in hierdie jaar verby... wat ek hoop my in die toekoms weer sal verbly!

Alle seën vir jou ook in hierdie komende jaar.
7 jaar 3 weke 4 dae 12 ure oud


Ita
geseënde jaar
baie dankie dat ek kon saamluister Vic. Alles wat mooi is vir jou
7 jaar 3 weke 6 dae 21 ure oud


Vriende
BAIE DANKIE VIC ...jy sit ons in die regte stemming
7 jaar 4 weke 17 ure oud


Pragtig!
Om een of ander rede laat hierdie my altyd huil ...
7 jaar 4 weke 17 ure oud


Jaar verby
Jip !
Selle daardie kant toe.
Grend man, heel grend!
7 jaar 4 weke 22 ure oud


Goeie oue tyd
Dankie Vic en ek het saamgesing net vir pret, gelukkig was ek alleen. Dankie vir jou mooi woorde.
7 jaar 4 weke 23 ure oud


Ou- en Nuwe Jaar
Baie dankie vir die mooi wense, ons stuur vir julle ook liefde en mooi wense vir 2013. Geniet die mondfluitjie, so mooi! x
7 jaar 4 weke 1 dag oud



n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar