Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien dit baie by diere. Die eenkant een, keer hom maar aan, hy voel nie lekker nie.
By honde is dit die ergste. ’n Siek hond vrek binne ure. Dan loop kruip hy nog weg ook en weet jy nie hy is siek nie.
Mense is dieselfde. As mens siek is, gaan die mens ook eenkant toe,
Daar is egter een groot verskil. Diere word nie emosioneel siek nie.
Mense word emosioneel siek. Ek weet nie waar gaan gewonde vroue heen nie. Daardie plek is soos die olifant se begraafplaas. Dit is weggesteek. Mans sinne is anders. Hulle hol kroeg toe.
Party gaan soek kits verlossing, soos in die vorige liedjie. Ander gaan om te huil. Hy gaan om met die hart te huil.
Party mans huil nooit. Party mans kan net nie huil nie. Dit is ’n baie groot probleem. Huil is die Natuur se medisyne. Ek byvoorbeeld, ek huil weekliks. Ek kan tussen die kool staan en as ek daai eerste keer die jong spierwitte klein Blomkool sy gesiggie tussen die welige groen blare sien uit loer. Dan, dan lyk dit presies soos baba wat na die buitewêreld kyk. Dan huil ek sommer.
Ek sit hier teen die muur en ek operate die twee instrumente. Die kamera en die band masjientjie. Dit is al heel laat en die kroegie is vol. Die inwoners van die dorp is goed verteenwoordig. Van die rykstes is hier en dan sterkes wat met kortbroek, sandale en oopbors hemp, uitdagend die koue trotseer en buite rondstaan. En hy is beslis nie arm nie, want hy gaan haal sy sigarette uit ’n duur bakkie uit.
Die dametjies is ook goed verteenwoordig. Party kom twee-twee en wys duidelik die lesbiese verhouding. Ander kom enkel en die meeste kom saam met hulle getroud/verloof/verlief/skelm maats . Hierdie kroeg mense is almal blind, doof en stom. Hier praat niemand uit nie.

Maar, daar eenkant, teen die die muur op die laaste stoel van die toonbank, sit hy. Skuins, leunend teen die muur en kyk net na een kolletjie voor hom op die toonbank. Uit sy glas bier is omtrent twee slukke.
Ek sien die gekweste man. Daar is twee kweste. Die een kwes is as die man en vrou mekaar kwes. Die ander kwes is as net die een die ander kwes. Dit is vir my moeilik om te bepaal watter kwes die man weg het.
Seun se kitaar is die shrink. Seun se kitaar sal wys watter kwes die droewige wat so eenkant sit en bloei, weg het . Boeta het sy pa se oë en terwyl hy speel, lees hy die teenwoordiges se lyftaal en dit gee vir hom aanduiding wat om te speel.
My en sy oge kyk en sien saam. Die kreupel siel teen die muur kort berading. Die eerste liedjie het geen invloed nie. Die tweede liedjie slaat soos ’n bom. Die liedjie is al bekend juis om sy genesende eienskappe. Sy weenende eienskappe. Sy verwytende eienskappe en sy vergewende eienskappe. Mense kom en vra vir Boeta: “Speel asseblief vir my.” Dan vat die versoeker ’n stoel en gaan sit naby om die medisyne uit die snare in te drink.

Ek het hierdie liedjies saamgebring om te wys dat dit verskillend gespeel kan word. Die kitaar kan dieselfde liedjie op talle maniere speel. Klank het woorde. Klank is woorde.
Boeta sien die man sal nie genees nie, want hy het nog nie gehuil nie. Om hom te laat huil, moet jy hom eers in die gemoedstemming bring om te huil. Maak van klanke, spasie en toon ’n ui. Druk en vryf daai ui onder die pasiënt se neus en sy oë sal begin brand en die liggaam stuur trane om die brand te breek en dan kom die musiek en ruk aan sy skouers en dan kom die woorde en die man kyk op en kyk in die lug asof hy roep, asof hy uitroep, smagtend en versugtend.
En hy huil, nie net met die oë nie, maar ook met die hart.
Jammer, vir die eerste sekonde maar luister hoe soek die note kontak met sy pasiënt.


Willie F van Tonder
2012/07/28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoekie
Hi Sneeuwolf,
Waar is daardie kroeg - ek soek ook medesyne!
7 jaar 4 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Ita
huil
Ek praat net hier oor die stem van die klanke...die kitaar soek eers versigtig kontak en dan huil hy hartseer mineur klanke ...voordat die lekker diep vol ritme bykom...so mooi!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 5 ure oud


hoekie
Lekker skryfsel, lekker lied, lekker kitaar! Thanks Willie.
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Kroeg
Ek kan ongelukkig eers more na die musiek luister, maar ek kon klaar uit jou teks hoor wat se raak snaar getokkel is. Daar is baie stories in kroee, my pa het n hotelletjie op die platteland gehad toe ek n kind was en ek het baie hartseer tannies in die bakkies sien wag, soms met kinders by. Ek dink wel honde kan emosioneel siek raak. Ai, ons ou brose mensdom wat mekaar so kan kwes. Dankie ek het hierdie bydrae besonder baie geniet. Dankie
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Hoek
Wat het toe verder met die hoeksitter gebeur?
Daai kitaar-klanke is darem so mooi!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


=)
Ek is mal hieroor. Baie mooi!!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 16 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar