Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voorwoord op hierdie Juweel van Viooltjie.

Voor die kommersiële horlosie in gebruik gekom het, het die dorpie ‘n tyd aankondiger gehad. Dit was ‘n man wat deur die strate geloop het met ‘n klok of ding en luid die uur van die dag aangekondig het – elke uur op die uur sodat dit dus ook gebeur het dat “ die uur” enige tyd te vroeg of te laat kon wees weens die vertraging met sy stap en die afstand.

Soortgelyk was voor die ontdekking van elektrisiteit die lampe – olie lampe vir straat ligte en olie lampe in openbare plekke en daar was ook ‘n man wat teen skemer die werk gehad het om die lampe aan te steek.
Die Spoorweg het in my tyd steeds lampe gehad met ‘n lampman.
In die Spoorweg rangeer werf, woord trokke gerangskik soos in aanmekaar gelas in treine na verskillende roetes. Rangeerders was die mense wat die spore wissel en die enjin drywer reverse en skop die trok baie vêr terug af en die trok hardloop stil en geruisloos en die rangeerder wissel spore sodat die trok by sy korrekte trein aanlas.

Die rangeerder het ‘n lamp gehad om vir die drywer tekens mee te gee- hulle het dus “gepraat” met tekens in die swaai van die lamp.
Dan was daar ook die lamp aansteker wat die lampies op kort paaltjies vir lig in die donker aan gesteek het.

Hierdie was in my dae op die Spoorweg soete herinneringe van nostalgies romanties en grillerige sterwens verhale want ongelukke, gly op nat spore en val voor die stil aankomende trok in was aan die orde van die dag.
.
Hierdie skitter verhaal van Viooltjie kan enigeen van die twee mense sinne wees; rangeerders gly en val voor die stil aankomende trok se wiele in en die lampman wil die spore kruis om oorkant te kom en hoor en sien nie die aankomende trok in die donker nie.
Gru verhale.

In dieselfde asem was daar romantiek.
Selfs passasiers rywaens is in die donker rangeer werf also herrangskik en eensame slaaplose mense hang by die venster uit om die bedrywighede te aanskou en daar is gesels en kennis gemaak en oë en hunkerende weses het ontmoet en gebind.
En werkers gaan van diens af en mense het uitgewoed en siele rus gevind. . .
Ja -
Daar was baie romantiek ook.

Dankie Viooltjie.

Die lampman is dood

hy...wat in stilte sy werk verrig
terwyl niemand daarvan weet nie
hy...wat die lampe moet aansteek
die paraffienlampe...
moet laat brand

kyk hoe stil lê sy hand...
langs sy lewelose liggaam
op die klippe...en sand

hy...wat die lig moet bring
wat die lampe vir ons voete
op ons paaie moet laat skyn
hý...lê nou
al sy drome verlore
op die spore...
die ysterspore...van 'n trein

*

en wie sal dit vir die vrou vertel...
die vrou met die kind op haar skoot
wie is sterk genoeg van gees
wie sal die nagt'like boodskapper wees
"jammer mevrou, maar die lampman...
jóú lampman...is dood"




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lampman
sjoe wat n kombinasie!!! van die voorwoord, gedig en voorlesing kan ek net se PUIK!!!
5 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Die lampman is dood - Viooltjie


Nostalgie wat die lippe smee! Ek het in verlang nie woorde nie...
5 jaar 8 maande 2 dae 12 ure oud


lampman
willie dankie vir jou beskrywing van al die rangeerdery wat nou mooi aansluit by Carma se gedig ek het dit geniet. as ou spoorwegman skryf ek nie net oor daardie tye nie ek verslind alles wat ek kan lees daaroor ook
5 jaar 8 maande 4 dae 23 ure oud


Ek gaan ...
nog al Neels se stories lees, sodra ek tyd het om stil te sit vir 'n lang tyd. Ek wil myself terugneem na 'n baie wonderlike tyd.

Nou besef ek eers hoe baie het buite en binne lokomotiewe en die trokke/waens aangegaan waarin ons baie, baie ure spandeer het op ons lang reise per trein heen-en-weer tussen Tsumeb in Suidwes en ons eindpunt in SA. Ek kry sommer weer die reuk van my treinreise. Dankie Carma vir 'n pragstuk uit jou pen, dankie Neels vir jou stories en dankie Willie vir die hulde wat jy bring deur jou voorlesing.
5 jaar 8 maande 5 dae 3 ure oud


lampman
Baie dankie, Willie. Ek waardeer hierdie een besonder baie, veral met die voorwoord wat jy geskryf het. Dit maak die gedig sommer ekstra spesiaal vir my...
5 jaar 8 maande 5 dae 10 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar