Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vroue praatstem: Vanaand gryp verlange weer my wese aan

Hier in my hotelkamer op die agtiende vloer
Luister ek na nog 'n vreemde stads' rumoer
Musiek die bler, motors rem en jaag weg
Serenes loei, ongeluk of straatgeveg?
Neonligte flits volsirkels oor my lyf
Makabare patrone wat tot waansin dryf
Tot op my kussing stroom my trane af
Sukses het 'n prys hetsy seen of straf


Refrein:

Janharm, die keuses wat die lewe van jou vra
Hoe kies ek tussen Diva, Vrou of Ma?
Madam Butterfly, Nabuccu, Aida?
Barbierre de Siviglia?
Janharm, my hart trap kringe in Acac
ia-bos
Hier waar ek le onder jou Ngunikaros


Vroue Praatstem: Ek verlang na die ou familieplaas

Duisende sterre skitter in 'n soel Bosveldnag
Kinders met 'n blikkitaar sing en skaterlag
My Bella-bok en haar astrante ou ram
Paddas kwaak solfa-tone by die dam
Skemer-kuiertyd met koffie op die stoep
Tarentale hol in die rondte en roep
In die voorhuis glim 'n parrafienlamp
En my ryperd Vonk, runnik in sy kamp


Vroue praatstem: Ek verlang na jou Janharm

Die verlee glimlag wat om jou mondhoeke speel
Jou waarheid en jou krag, so 'n unieke deel
Van jou geloof om boer te wees, jou vermoe
Te vertrou, weerkaats in jou omgee oe
Vanaand kom jy weer aan my hartsdeure klop
Blou geruite pet op deurmekaar krulkop
Bruingebrande arms, skoon khaki-klere
Janharm waar le ons toekoms en verlede?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lewe
Jy het 'n wonderlike talent Karmenaadjie. Hierdie is baie mooi neergepen. Knap gedaan.
7 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar