Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


die man wat my liefhet
slingerpad
deur veld en gras
en die fynbostakkies
- wat net gister nog
sonder blomme was -
bloem welig in 'n welkomsgroet...
en in die fluitsang van suikerbekkies
klink 'n blye weersiensroep
oral...
waar hy ou bekende paadjies loop
wyl hy - met sy hande -
ryp sade van graspluime stroop

die man wat my liefhet
is sterk...en sonder skeet
hy klim oor klip en rant
tot dáár...
waar hy kan sien
hoe die witrûe dans
op strome in die lug...
hy ken elke voël van die hemel
die aarde en die bos
se vleuels in hul vlug
en hy wis waar aasvoëls
bedags hul kuikens los...
in neste...teen 'n krans

die man wat my liefhet
loop al langs die vlei...
by rietpolle, biesies
en wit lelies verby
wyl swerms wilde gans
- kol-kol -
op die water lê en rus...
en duikers sprei hul vlerke
waar hul op geboë stompe staan
en draai rugkant na die son...
wyl hy sy blik
oor vlei en voël...laat gaan

*

en hy pluk 'n bossie blomme
en maak 'n ruiker in die veld
van erika en riet...en bloeisels
- soos kussinkies gespeld -
eer hy terug huistoe kom....

want hy weet...
ek is die vrou wat hom lief het
en ek...
ek wag alreeds
vir hom...




C. Shaw
26 Julie 2014




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die man wat ek liefhet
Julle twee, dis pragtig.!!!!!!
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


Man
Willie, ek het nou toe oe gesit en luister. Dit was nou werklik pragtig. Groot dankie hiervoor. En die musiek het uitstekend gewerk...
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud



Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar