Musiek & Lirieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is Winter vanoggend. Dag, maand, jaar . . .saak nie maak nie, dit tel nie, slegs die seisoen tel.
Ek sal vanaand Bid vir reën. Daar is plekke, by ons ook, wat reën baie nodig het.
Hoekom eers vanaand?
Dit is bewolk en het deur die nag ‘n paar druppels geval. Dalk praat ek OP SY HAND – indien ek nou Bid.
Gister was Vrydag. Ons een keer per maand voorreg om die Porra vir die hele na-week te bederf.
Ek het van vroegdag al gereed gestaan met my groceries.
Eergister – Donderdag was die Sportman se dag oppie plot. Ons het sy krag nodig gehad om die bokke te dosseer.
Onder die begeleiding vanBoeta se kitaar het die braaivleisvuur hoog gebrand en later, terwyl ek opruim vir die naweek se woel, het hy ernstig ingesit vir sy musiek opleiding.
Opvoeding:
Ek MOET nog 15 jaar leef, want hier is nakomelinge wat moet opvoeding kry.
In volgorde – waar geen volgorde is nie want nie een is bowe die ander nie:
Wiskunde, sterrekunde, die Wetenskap, die tegnies van musiek, skaak, handewerk en alles wat te doen het met grond en groeikunde.
Net dit en dit alleen.
Inus doen sport vir afleiding. Hy mag maar want Usain Bolt is sy voorbeeld.
Nederig en stil soos hy is, is daar roering in die pawiljoen wanneer Inus op die baan verskyn.
Veelsydig en uitblinker in alle sporte maar ek sien toe dat die ander vakke nie agterweë bly nie.

Wel vir die Porratjie se kuier is ek onder verpligting, want in een asem saam met die groet en:
“Haai Oupa, ek het verlang na oupa, het oupa die footlong gemaak?”
Hy wag nie vir antwoord nie, maar bestorm die yskas en kyk vir die ‘koe’sisters’
Die kind is vanjaar skooltoe maar die regte opvoeding vorder na my smaak. Hy verstaan die binnewerking van musiek – die skryf en lees van musiek. Dit is altyd die begin. Die res volg dan makliker.

Ek is bly Boeta het oor ‘n Porra gestruikel. Hulle is mense met die liefde vir grondkunde – veral kool-kunde.
Sien tot die bak-bene. Gebou om oor die kool-rye te loop.
En dan gladnie stupid nie:
“Oupa moet vir my betaal vir daai skaap tjoppie. Het ek nie kom kuier nie, het oupa-hulle nie gebraai nie en het oupa nie nou skaap tjoppie ge-eet nie. Gee daardie vyf Rand, asseblief.
En Pa, my Ma sê pa stuur nie weer my vuil wasgoed in ‘n bondel nie. Ma sê pa moet alles was, laat droog word en dan netjies in my tas terug sit.”

Boeta kyk vir my en ek kyk vir hom en ons weet. Ja, ons weet en ons verstaan albei.

Maar, wat tel uiteindelik? Wat maak uiteindelik saak?
Die eerste tree. Klein, baie klein maar met :
“Ek weet al hoe werk die ding, kan ek vir oupa speel?”
Dan vat hy die boek en met die maandlang ongeoefende vingertjies, maak hy die klein foutjie:
“Askuus Oupa, sien daai noot, ek het dit verkeerd gespeel!”

Wat is ‘n groot geskenk?
Wat is vir jou regtig ‘n groot geskenk?
Vir my, hierdie een waarvoor ek nie gevra het nie.
Hierdie een wat vir my geskenk is.
Ja, hierdie enetjie wat vir my geskenk is.

Willie F van Tonder
2012/12/01






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Porra
Ek stem saam met Kiekies-hulle hieronder.

Lekker geskryf ook...
6 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


Porra
Daai geskenke wat jy weet jy nie self kan maak of selfs 'n order voor kan gee nie. Onverdiende geskenke! Wolf jy raak elke hartsnaar hiermee!
6 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


Ongevraagde gekenkie
Uit die hand van GOD! Geniet hulle, Wolfie!
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Jy is n geseende man
Oulike seun. :-)
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar