Musiek & Lirieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die wolkies lyk soos 'n wattekombers
spierwit, lig en sag
so rein en ongeskonde
op hierdie helder somersdag

van êrens tower 'n donkerwolk op
'n weerligstraal blits daardeur
dan is die donderweer hoorbaar
'n paar reëndruppels plof neer

vou ek jou hand in myne
die oomblik so kosbaar
tasbaar is die gevoel tussen ons
jy het pas jou liefde verklaar

woorde is onnodig
so lank hiervoor gewag
my oë blink en skitter
om my mond 'n wye glimlag

die son breek warm deur
die reën het opgeklaar
die aarde skoongewas
net hier en daar 'n blaar
dis die belofte van 'n toekoms
vir twee mense bymekaar

Magda (kopiereg voorbehou)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die wolke lyk soos n wattekombers
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
2 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


Die wolke lyk soos 'n wattekombers - Magda de Korte


Welgedaan Willie!
2 jaar 7 maande 3 weke 14 ure oud


***
Baie dankie, Willie, vir hierdie mooi verwerking van Magda se pragtige vers. Mooi vers, Magda -- ek hou hiervan.
2 jaar 7 maande 4 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Agter Geslote Deure

    deur Johan Botha

    Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar